Tuis Inligting Geraasmakers Akademie GrootSporte KleinSporte Kultuur Kontak ons Koshuis
Leierskap

Rolinastraat

Garsfontein, Pretoria

Gauteng

GPS : 25.7979S - 28.3052E


Telefoonommers

012 998-6096 / 8200 / 8210


garsies@garsies.co.za


OudGarsies

koshuis

skool

Tuis Inligting Geraasmakers Akademie GrootSporte KleinSporte Kultuur Koshuis Kontak ons

BuiteSkoolverband

Garsie Fotograaf presteer

Juan van den Heever (Gr 10) wen die Windland Smith Rice International, Natures Best Youth Photographer 2014.  Die "goue" olifant was die een wat hom as algehele wenner "gekroon" het in 2014.  In 2012 en 2013 het hy ’n “highly honoured”-vermelding ontvang. Sy foto word in the Smithsonian National Museum of Natural History in Washington DC (VSA) uitgestal. Foto's word uit 20 000 fotos van 50 verskillende lande gekies

Slegs 83 deelnemeners van ‘n oorspronklike 1361 inskrywings het na die semifinale ronde deurgedring.


Deelnemers kon in vier kategorieë deelneem, naamlik:


Kontemporêre musiek

Spraak en drama

Klassieke musiek

Dans


Die twee Garsies het in die kategorie “Ballet: Classical  Duet Grade 10” deelgeneem. Hulle ontvang goue sertifikate vir Graadfase-wenners in Dans (Klein Groepe Junior/Senior) asook ‘n goue sertifikaat naam op kultuurvlak hoog hou. Stephani ontvang verder ook ‘n toekenning vir FET-fasewenner (Graad 10/Open) in Dans met haar “Ballet: Repertoire Solos Grade 10”.


Sy het einde verlede jaar by dieselfde instansie ook ‘n “Medal Award” ontvang as Kategoriewenner vir die Gauteng Noord- en Limpopostreek.

Ballet

Ian Vermeulen - Skouspring

Karate

Ian Vermeulen presteer puik by die Nissan Easter Show wat van 30 Maart tot 6 April by die Kyalami Equestrian Park plaasgevind het.  Met sy perd  Udokes kry hy in derde plek in YR90cm Welcome Stakes en ‘n tweede plek in YR90cm-kompetisie in 2 fases. Op sy ander perd, Lorelock Birthday Belle, behaal hy tweede plekke in PR80cm A2spoed en die PR80cm-kampioenskap.

Miné de Witt met Bahir – A-span - (foto) en Amorene Pienaar op Normar Omar is beide vir SANESA se Gautengspan gekies


Uithouritte

Devon Cook verteenwoordig SA in ’n Judo-toernooi (in Egipte) waar hy ‘n 5de plek behaal

Judo

Ruan van Schalkwyk (gr 9) verteenwoordig SA in die World Karate Federation Youth Championships 2015

Perdesport

Bernedene Barnard het die afgelope tyd deelgeneem aan die Fourways Tri Series Graded skou wat uit 3 dele bestaan en het sy die naweek die Victrix Ludorum ontvang vir die ruiter met die hoogste punte in die 1m klasse asook die Victrix Ludorum vir die ruiter met die meeste punte vir haar klub

Joa van Niekerk (gr. 10) het die afgelope vakansie aan die NTS-swemkampioenskap deelgeneem. Sy verower  3 goue medaljes en kwalifiseer vir die Senior Nasionale Kampioenskap in borsslag. Joa het ook by die SA-skolekampioenskap 2 goue, 2 silwer- en 2 bronsmedaljes los geswem.  

Swem

Devan Stemmet - Judo Nasionale Proewe

Devan behaal 'n 1ste plek in 0/20 ouderdomsgroep, 0/60kg gewigskategorie. Hy haal die Nasionale Span vir die Commonwealth Championships in April 2016

Chané Fischer (gr 9) behaal die volgende prestasie in Akrobatiese Gimnastiek... 1 ste plek (goue medalje) op die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Akrobatiese Gimnastiek op die hoogste vlak van die sport, nl: Advanced Elite. Sy kry ook die trofee vir die hoogste punt in Suid-Afrika vir Advanced Elite oor alle ouderdomsgroepe heen.


Akrobatiese Gimnastiek

Monique Barnard aangewys as “2015 All Rounder of the Year”(in verskeie dansstyle) en eindig 2de in Senior Top

Boogskiet is een van die vinniggroeiendste sportsoorte in die wêreld.  Die Garsies kwalifiseer vir hulle Proteaklere, wat ‘n besondere prestasie op hulle ouderdom is.

Liam van der Bank (Gr 8), Su-Andri van Schalkwyk (Gr 11) en NW van Wyk (Gr 11). Bogenoemde skoliere is deel van die Suid Afrikaanse span wat op 14 Maart 2015 na Parnu Estonië vertrek het,  waar hulle Suid-Afrika by die “2015 World Indoor Archery Championships” verteenwoordig het

Boogskieters verwerf hul Protea-kleure

Met sy laaste pyl wen hy

Hano Eveleigh het onlangs aan die IFAA World Bowhunting Championships (WBHC) deelgeneem en ‘n eerste plek behaal.  Die kampioenskap  het oor vier dae gestrek. As junior skut is die maksimum afstand waaroor Hano mag skiet 50 jaart. Al die teikenafstande is ongemerk en moet geskat word. Daar is slegs aanduidings van die groep waaraan ‘n teiken behoort. Teikens in groep 4 is op ‘n maksimum van 20 jaart, groep 3 is op ‘n maksimum van 35 jaart, groep 2 is op ‘n maksimum van 45 jaart en

groep 1 op ‘n maksimum van 50 jaart. Die teikens waarna geskiet word, is 3D-rubber- diere.  ‘n Skut kan ‘n maksimum van 560 punte aanteken. Op dag 1 en 2 het Hano 554/560 aangeteken en 487/560 op dag 3. Dag 4 was die moeilikste dag en Hano het 504/560 aangeteken. Dit was senutergend, omdat Hano die kompetisie op die laaste teiken met sy laaste pyl gewen het. Die kompetisie was geweldig sterk en daar is slegs 13 punte verskil tussen die eerste drie plekke. Hano sal sy Junior SA-kleure in Oktober by die Nasionale Kampioenskap ontvang. Die volgende WBHC vind in 2017 plaas en Hano sal dan sy titel  verdedig. Hano neem ook deel aan binnenshuise boogskiet en het tweede geëindig by die nasionale kampioenskap in die Junior Male

Bowhunter Unlimited-afdeling.   

Uitsonderlike prestasies van GarsieTroffel

Jonathan Rijnen (gr 8) is onlangs gekeur om Suid-Afrika te verteenwoordig in die Karate Wêreldkampioenskap wat in Julie 2016 plaasvind.  Hy doen karate al van die ouderdom van 4 jaar oud en het tans sy Junior Swartbelt in karate. Jonathan is ook 'n kranige Yshokkiespeler en het 'n voorliefde vir ysskaats. 

Hy het op Laerskool Provinsiale kleure vir 2 agtereenopvolgende jare ontvang in solo-sang, hip-hop en drama by SAAPA Suid-Afrikaanse raad vir uitvoerende kunste, provinsiale kleure in Skaak vir 4 agtereenopvolgende jaar by Mid-Gauteng en Tshwane, asook provinsiale kleure nou vir 4 jaar in 'n ry vir Jukskei.  Hy was onlangs ook kaptein van die O/16 span in Jukskei.  Hy het ook sy nasionale kleure in Boogskiet by 2 verskillende federasies, SANIFAA en SANAA onderskeidelik ontvang in 3 jaar in ‘n ry.Jonathan bring ook sy kant in akademie en neem vaar goed in Redenaars en Pubic Speaking, hy is by die Voortrekkers betrokke en neem deel aan atletiek en verspring.