Tuis Inligting Geraasmakers Akademie GrootSporte KleinSporte Kultuur Kontak ons Koshuis
Leierskap

Rolinastraat

Garsfontein, Pretoria

Gauteng

GPS : 25.7979S - 28.3052E


Telefoonommers

012 998-6096 / 8200 / 8210


garsies@garsies.co.za


OudGarsies

koshuis

skool

Tuis Inligting Geraasmakers Akademie GrootSporte KleinSporte Kultuur Koshuis Kontak ons

GarsieGholf

Karina Maré   ORGANISEERDER

karina@garsies.co.za

Ons streef daarna om elke speler te ontwikkel tot op die vlak wat hulle graag wil speel, of dit op ‘n hoë vlak of net sosiaal mag wees.

Werner Deysel neem die Julievakansie aan die  o/17 SA-kampioenskap deel.

GAUTENG NOORD-PROEWE

Slegs spelers met ‘n voorgee van 5 en onder mag deelneem.

Vier spanne word ingeskryf vir die skoleliga. Die eerste en tweede span word ingeskryf vir die A-liga. Die derde span speel in die B-liga en die vierde span speel in die C-liga.

SKOLELIGA

GARSIE-INTERHUIS

Die gholfproewe het reeds in Februarie plaasgevind. Drie rondtes van 18 putjies is gespeel. Ons skryf vier spanne in vir die Liga. Spelers in die eerste en tweede span se posisie kan verander na gelang van die spelers se prestasies. Die tweede en derde spelers mag mekaar daag om hul posisie te verbeter.

TUKSSKOLEREEKS

Ons eerste en tweede gholfspanne het aan‘n gholftoernooi in April te Vaal de Grace deelgeneem. Hierdie is ‘n jaarlikse instelling. Werner Deysel het algeheel tweede geïndig met die individuele kompetisie in die A-afdeling. Martin Mare eindig eerste in die individuele kompetisie in die B- Afdeling.

VOORSITTERSTROFEE

Die eerste span neem aan hierdie uitkloptoernooi deel.

Slegs speler met ‘n voorgee 5 en onder mag deelneem.

GAUTENG NOORD-PROEWE

14 Okt 2014 Stefan Wears-Taylor haal SA Hoërskolespan en voorblad van “Corporate Golf Magazine”

1 Sept 2014 - Gholf Garsies 3 wen Hoërskool Waterkloof

1 Sept 2014 - Die eerste span is deur na die kwartfinale toe wat in die volgende paar dae gespeel gaan word.

Tydens die afgelope TuksSkole-reeks behaal ons ‘n algehele 3de plek.

31 Mei 2015 - Stefan Wears-Taylor wen Woodhill Klubkampioenskap 3 onder baansyfer (7 houe voor 2de speler) - hy teken op dag een ‘n ronde van 73 en dag twee af met ‘n telling van 68 (-4).

Vyf van Hoerskool Garsfontein se gholfspelers is deel van Woodhill se Junior League-span en het Sondag 20 Augustus teen Akasia gespeel. Chris Vijoen, Henning Stander, Martin Mare, Albert Kriel en Pierre du Plessis.

Anko Moolman speel op 18 Julie ‘n vriendskaplike rondte gholf by Woodhill. Hy speel ‘n volmaakte gelukshou (Hole in one) op die sewende putjie by Woodhill.  Sy naam pryk in Woodhill se voorportaal

 7 Mei FINAAL -  ALGEHEEL 6de