Reëls ten opsigte van kleredrag:
1. Daar mag slegs met die nuwe klere gespeel word. Nuwe klere is reeds beskikbaar by die sportwinkel.
2. Geen ski-pants mag onder die rompie gedra word nie.
3. Kouse het nie verander nie. Te koop by die sportwinkel.
4. 'n Bypassende opwarmingstop is eksklusief vir netbalspelers ontwerp. Geen ander opwarmingstops of baadjies toegelaat word nie, behalwe die Eerstespan se kleredrag. Geen wollerige tops in Garsiekleure word toegelaat nie.
5. Geborgde T-hemde, mag ongelukkig nie tydens die wedstryde gedra word nie, maar wel by oefening. Ons wil graag eenvormig wees tydens openbare optrede.
6. Indien daar enige borge vir 'n span is, moet Des so spoedig moontlik in kennis gestel word - die borg mag sy logo op die opwarmingstop borduur of druk. Ons wil ook graag erkenning gee aan die borg op die webwerf.
7. Geen netbalspeler mag met plakkies en 'n netbalromp rondloop nie. Tekkies is deel van netbaldrag en dra by tot die netheid van die sport.
8. Hare moet ten alle tye netjies en uit die gesig wees. Hare moet glad teen die kop vasgemaak word met genoeg knippies. Kuiwe moet kort genoeg wees om nie in die oë te hang nie of dit moet met knippies uit die gesig vasgesteek wees. Pasop vir uitstaande knippies - 'n bal teen jou kop, kan 'n besering veroorsaak.
9. Geen juwele mag gedra word nie. (Ook nie tydens oefening nie)
10. Sportsakke mag wel aan enige span geborg word. Probeer so ver as moontlik die kleure van die skool gebruik.
Sport 

