Get Adobe Flash player
Tuisblad Kultuur Musiekblyspel

ON BROADWAY 2012

alt

Hoërskool Garsfontein Skitter op die verhoog jaar na jaar!

Thoroughly Modern Millie

Na die suksesvolle aanbieding van die musiekblyspele “High School Musical”(2009) en “Grease”(2010),het die skool in 2011 ,onder die regie van Con van den Berg en choreografie van Christa-Louie Kannemeyer, die verhoogproduksie van Thoroughly Modern Millieaangepak. Hierdie wenner van talle Tony-toekennings, het bekendheid verwerf met die groot sukses wat hul vanaf 2002 tot 2004 op Broadway beleef het.

Die Garsies het weer eens verseker dat hierdie produksie, aangebied deur ‘n uiters talentvolle produksiespan en fenomenale spelers, van hoogstaande gehalte is. Spesiale vermelding word van Casey-Jane Ekron, met haar briljante vertolking van die hoofrol, Millie Dillmount gemaak. Dit was ʼn produksie vol talle verrassings en ‘n skouspel wat nie gereeld op ʼn skoolverhoog in Suid-Afrika gesien word nie.  

Ons sien in afwagting uit na die 2012 produksie : On Broadway!

   alt   

 High School Musical 

alt

 

alt