GARSIE WINKEL
Hoërskool Garsfontein
Marie-Jeanne
012 9986096 skoolure
Geagte Ouer
TERUG SKOOL TOE 2013 – VOORSIENING VAN HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES
Die Garsie Winkel sal u voorsien van handboeke soos deur die skool voorgeskryf. Aangesien ons geweldige probleme het om boeke betyds van die uitgewers te ontvang is die laaste dag vir bestelling van handboeke 4 NOVEMBER 2013.
|
NUWE ELEKTRONIESE METODE VAN HANDBOEKBESTELLING Omdie bestelling van handboeke vir u as ouers te vergemaklik, word alles van nou af elektronies gedoen. Die bestelling van handboeke word via ‘n webblad bestel. Hierdie bestelling word dan direk deur ons verskaffers ontvang, verwerk en gepak. Persone wat nie toegang tot internet het nie, is welkom om die ekstra rekenaar in die Garsie Winkel te kom gebruik. Geen papierbestellings sal dus hanteer word nie. Bestellings via die webblad sal gekoppel word aan ‘n elektroniese betaling of direkte inbetaling by die bank. Dit is UITERS belangrik dat u by die besteltydperk bly. Laat bestellings sal eers weer in Januarie geplaas kan word en dan word afleweringstyd nie gewaarborg nie.
U as ouer moet die bestelling plaas, aangesien persoonlike detail verlang word vir registrasie op die webblad. Webblad vir bestellings: Kliek hier Foutiewe bestellings sal tot ontvangs van foutiewe boeke lei. Sodra u handboeke ontvang word, sal u ‘n SMS ontvang met ‘n verwysingsnommer. Pakkies word dan by die Garsie Winkel met hierdie verwysingsnommer afgehaal.
Leerlinge met spesiale reëlings moet asb. in met Marie-Jeanne by die Garsiewinkel in verbinding tree.
|
|
|
|
Boekwinkelure:
Weeksdae: Maandag - Donderdag 7:00-14:45 Vrydag 7:00-13:30
Spesiale tye: 16-18 Januarie 17:00-18:00
Die Garsiewinkel sal op 11 Januarie 2014 heropen.
Vriendelike groete
Marie Jeanne
Belangrike inligting:
- Gr 10 - handboekbesteldetail sal eers volgende week beskikbaar gestel word, aangesien die kurrikulum verander het en boekdetail nog nie beskikbaar is nie.
- Geen handboeke sal uitgegee word indien daar uitstaande geld op u rekening is nie.
- In sekere vakke (gr 10-12) ontvang die leerlinge handboeke in die klas. Hierdie vakke sal dus nie op die bestellyste verskyn nie.
- ‘n Lys van handboeke wat teruggekoop word, sal op die internet geplaas word. Hierdie boeke moet voor die einde van die kwartaal na die Garsie Winkel gebring word. Let asb op na die voorwaardes.
- ‘n Skryfbehoeftepakket sal by die Garsiewinkel @ R100 beskikbaar wees.
Hierdie pakket sluit die volgende in:
* Artline Gom
* Steadler wiskundestel
* 0,5 drukpotlood
* 0,5 lood
* Uitveër
* “Tippex”
* Liniaal
* Twee blou penne
* Steadler inkleurpotlode
* Skerpmaker
* “Post it” notas
* A4- Plastiekkoevert


