Uitgawe 5 van 2012 16 Februarie 2012
Beheerliggaamverkiesing
Neem asseblief kennis dat u kind reeds ‘n amptelike kennisgewing i.v.m. bogenoemde verkiesing, wat op DV 7 Maart 2012 sal plaasvind, ontvang het.
Atletiek
Afrikaans Hoër Meisieskool Prestige-byeenkoms
Ná die goeie vertoning van ons atlete by die Abrie van Staden Prestige-byeenkoms het die Garsies weer ons naam hoog gehou by Affies se Prestige-byeekoms wat op Vrydag 10 Februarie by die LC de Villiers-stadion plaasgevind het. Daar is 15 eerste plekke, 15 tweede plekke en 27 derde plekke behaal.
Volgens die ABSA-puntetabel is daar 68 prestasies van 750 en hoër.
Die volgende atlete het presteer:
|
Sabrina Bottyan |
D16 |
800m |
2:22,57 |
816 |
|
Chari van Zyl |
D16 |
Gewigstoot |
11,82m |
831 |
|
Jeannelle Laubscher
|
D16 |
100mH 400mH |
14,75 64,54 |
894 882 |
|
Monique Kroezen |
D14 |
200m |
27,18 |
837 |
|
Subrina Schlesinger |
D14 |
100m Verspring |
13,28 5,38m |
791 1035 |
|
Mieke Pretorius |
D14 |
Hoogspring |
1,50m |
903 |
|
Herman van Staden |
S16 |
200m |
24,25 |
800 |
|
DaltonMöller |
S15 |
100m 400m 200m |
11,95 52,94 23,73 |
815 862 855 |
|
Tegan Lion-Cachet |
S15 |
800m |
2:05,59 |
909 |
|
Brian Bouwer |
S14 |
Verspring Diskusgooi |
5,36m 36,99m |
898 813 |
|
Anro Spykstra |
S17 |
Hoogspring |
1,85m |
839 |
|
Ruben van der Merwe |
S16 |
Hoogspring |
1,75m |
811 |
|
Kyle Leukes |
S19 |
100m |
11,15 |
837 |
|
Stewan Botes |
S17 |
Hoogspring |
1,92m |
892 |
|
Shaun Williams |
S14 |
Hoogspring |
1,60m |
865 |
|
Wynand Kotzé |
S16 |
800m 1500m |
2:04,75 4:17,90 |
836 836 |
|
Dailyn le Roux |
S16 |
Verspring 100m |
6,10m 11,98 |
904 809 |
|
Lehan de Kramer |
S14 |
Hoogspring 100mH Verspring 100m |
1,70m 14,37 5,50m 12,23 |
959 943 938 837 |
|
Lammert Braak |
S17 |
800m |
1:58,46 |
921 |
|
Burger Lambrechts |
S14 |
Diskusgooi |
43,00m |
992 |
|
Amoné Janse van Rensburg |
D16 |
Hoogspring |
1,50m |
809 |
|
Danél Swanepoel |
D19 |
Verspring |
5,38m |
809 |
|
Chrizanne Forssman |
D17 |
400mH |
64,69 |
800 |
|
Lené Burger |
D15 |
Verspring |
4,80m |
804 |
|
Ivaan Potgieter |
S16 |
1500m |
4:18,33 |
832 |
|
Luaan Dowie |
S17 |
Driesprong |
13,23 |
811 |
|
Ruan van Rooyen |
S19 |
Hoogspring |
1,90m |
817 |
|
Lyle Maart |
S16 |
100m |
11,53 |
847 |
|
Aflos |
D14 |
|
52,06 |
893 |
|
Aflos |
S14 |
|
48,95 |
875 |
|
Aflos |
S15 |
|
46,78 |
891 |
|
Aflos |
S16 |
|
45,66 |
866 |
Rugby: Koste van toere gedurende die April-vakansie
Die eerste span se toer na Stellenbosch van 30 Maart tot 4 April, asook die O/16-span se toer na die Paarl tydens dieselfde tydperk, sal ongeveer R3 200 beloop. Dié bedrag sluit die koste van vliegkaartjies in. Die tweede en derde spanne speel op 2, 3 en 5 April by Hoërskool Monument in Krugersdorp en dit sal ongeveer R350 kos. Die O/16 B-span gaan op 30 en 31 Maart asook 2 April na Hoërskool Linden in Johannesburg en die koste sal ook ongeveer R350 wees. Dié spanne sal daagliks vanaf Pretoria na onderskeidelik Krugersdorp en Johannesburg vervoer word.
Tennis: Uitslag van ligawedstryde
Ons dogterspanne het baie goed presteer tydens die afgelope week se ligawedstryde. Die eerste dogterspan wen teen PSHG met 43 – 24, terwyl die tweede dogterspan ’n oorwinning van 49 – 18 teen AHMP behaal. Die derde dogterspan (O/15 A-span) wen ook teen Centurion. Baie geluk.
Swem
Ons het na aanleiding van verlede jaar se swemprestasie opgeskuif na die A-liga en het Dinsdag 14 Februarie in hierdie liga deelgeneem. Ons swemmers het teen topskole meegeding en hulself deeglik gehandhaaf! Ons eindig vierde in die kompetisie.
Lani van der Merwe verwerf ‘n 1ste plek in die 100 m-borsslag en het ook saam met Chanté Muller, Leandré Labuschagne en Lyndall Vorster goud verower in die vryslagaflos. Hierdie vier dogters het ook ’n derde plek in die borsslagaflos behaal.
Die O/16-dogters, O/16-seuns en O/15-seuns het ook derde plekke in die aflos behaal. Marise Nel het ’n derde plek in die 50 m-vlinderslag behaal.
Loopbaanskou
Die jaarlikse Loopbaanskou vind op 22 Februarie van 16:00 – 20:00 in die skoolsaal plaas. Alle Garsies en hulle ouers word hartlik uitgenooi om die uitstallings deur meer as 40 tersiêre instansies by te woon. Dit beloof om weer ’n hoogtepunt op die kwartaalprogram te wees.
Biolife Sentrum & Gimnasium
Alle ouers wat nog nie van ons skool se gimnasium bewus is nie, word aangemoedig om ons by die gimnasium te besoek om u te kom vergewis van ons volledig toegeruste gimnasium wat deur biokinetici en sportwetenskaplikes bedryf word. Al ons fasiliteite is vir ouers en die publiek teen bekostigbare tariewe beskikbaar. Ons bied ook osoon-saunaterapie. Die hele familie kan vir slegs R390 per maand by die gimnasium aansluit. Die aansluitingsfooi sluit ‘n liggaamsevaluasie en ‘n oefenprogram wat deur ‘n sportwetenskaplike uitgewerk is, in.
Musiekteater-klub
Daar word op Vrydag 17 Februarie vanaf 14:00 tot 16:00 ‘n gratis klas in HG1 aangebied. Alle belangstellendes is welkom. Moet nie hierdie geleentheid misloop nie!
Geldinsamelingsprojek vir Akademiese Toer na België
Vleisbestelling: Liezahn Blaettler (Gr. 11 Bm) - 082 372 4098 – Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
|
Tipe of snit |
Vakuumverpak |
R / kg |
2 kg |
|
Maalvleis (maer) |
4 x 500 g |
R55,00 |
R110,00 |
|
Boerewors |
4 x 500 g |
R60,00 |
R120,00 |
|
Beesvleisrepies (strips) |
4 x 500 g |
R66,00 |
R132,00 |
|
Beesblokkies (cubes) |
4 x 500 g |
R66,00 |
R132,00 |
|
Tenderised steak |
4 x 500 g |
R66,00 |
R132,00 |
|
Beeskookvleis (chuck) |
4 x 500 g |
R52,00 |
R104,00 |
|
IQF* lamtjops 2 kg |
2 kg |
R95,00 |
R190,00 |
|
IQF* lamstowe 2 kg |
2 kg |
R80,00 |
R160,00 |
|
Fillet |
|
R120,00 |
|
|
T-bone |
|
R76,00 |
|
|
Rump |
|
R95,00 |
|
|
Sirloin |
|
R95,00 |
|
|
½ lam ± 10 kg |
|
R70,00 |
|
|
Heel lam ± 20 kg |
|
R70,00 |
|
* IQF - “Individually Quick Frozen”
Pryse onderhewig aan verandering van markprys.
Musiek-akademie
Hoërskool Garsfontein se Musiek-akademie bied verskeie privaatmusiekklasse in die middae aan.
Kontak Werner Louw by 083 458 4743, of by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien vir kitaarlesse.
Nadya Pretorius (082 767 6518) / Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ) is beskikbaar vir sanglesse. Leerders wat in klavier- of vioollesse belangstel, kan Isolde Klinkenberg by 083 630 7340 kontak.
Huurhuis gesoek
Marietjie en Jaco Cloete is dringend op soek na ’n huurhuis in ons omgewing aan die einde van Februarie. Skakel 082 696 3382 indien u van hulp kan wees.
Hoofborg
Mnr Jurie Cronje van McCarthy Toyota (Lynnwood) is ons skool se verteenwoordiger. Skakel hom gerus by (012) 807 9800 indien u in enige motortransaksie sou belangstel.


