Get Adobe Flash player
Tuisblad

Uitgawe 11 van 2012                                                                                                                   29 Maart 2012

Vanaf die hoof se lessenaar

Dit is byna ongelooflik om te besef dat die eerste kwartaal van 2012 reeds verby is.  Ons hoop die gr. 8-leerders voel reeds tuis as ware Garsies in hierdie besige skoolomgewingDaar is reeds heelwat aktiwiteite aangepak en suksesvol voltooi gedurende die afgelope drie maande, soos akademie, redenaars, swem en ‘n baie goeie atletiekseisoen.  Die wintersportprogram en die PUK-reeks is reeds aan die gang.  Mag hierdie rustydperk alle Garsies van nuwe energie voorsien sodat ons tydens die tweede termyn steeds daarna kan streef om beter as die beste te wees.

 

Vertrekkende personeel

Ons groet me A Henegan (Administrasie) en mnr E Oberholzer (MSW-departement) aan die einde van hierdie kwartaalOns wil hulle graag bedank vir hulle toewyding aan die skool se aktiwiteite en ons wil graag die hoop uitspreek dat al hulle toekomsdrome vervul sal word.

 

Beheerliggaamkomitees

 

 

Voorsitter:            Mnr Herman Schoeman

Ondervoorsitter:   Ds Frikkie van Wyk

Tesourier:            Mnr Werner van der Merwe

Sekretaris:           Mev Fransie du Preez

 

1.         Akademie en  Leerlingaangeleenthede:  Ds Frikkie van Wyk / Mev Tessa Coetzer

            1.1       Verslag van leerders

            1.2       Dissipline  (Marius Botha)

            1.3       Leerlingwelsyn

2.         Finansies:   Mnr Werner van der Merwe / Mnr Neels du Plooy

            2.1       Verslag:           Skool

            2.2       Verslag:           Koshuis

            2.3       Verslag:           Garsieland 21

3.         Infrastruktuur: Mnr Guilluame Snyders

            3.1       Geboue en Terrein

            3.2       Informasietegnologie  (Mnr Willie Vorster)

            3.3       Veiligheid   (Mnr Rudolph van der Merwe)

            3.4       Sekuriteit  (Mnr Neels du Plooy)

4.         Menslike HulpbronneMev Alma Mentz / Dr DP van der Nest

5.         Garsieland 21:  Mnr Herman Schoeman

            5.1       Verslag

            5.2       Beurse

            5.3       Alumni

6.         Koshuis en Regsaangeleenthede: Mnr Marius Botha / Mnr Neels du Plooy

            6.1       Verslae

            6.2       Kontrakte

            6.3       Ooreenkomste

            6.4       Regulasies en Wetgewing

7.         Bemarking en kommunikasieMnr Johann van Tonder

            7.1       Algemene bemarking

            7.2       Borge, donasies en fondsinsameling

            7.3       Ouerkommunikasie en –betrokkenheid

8.         Sport:  Mnr Retief Smith / Dr Johann Greyling

9.         Kultuur:    Mnr Callie Cilliers

10.       Hoof se verslag

Afrikaans Redenaars

1.         ATKV-Redenaars

            Hoërskool Garsfontein presteer in 2012 die beste ooit!  Vier leerlinge dring tot die semi-finaal deur.

            In die kategorie vir Addisionele Taal dring Charlotte Mashego (gr 9) en Unice Masombuka (gr 11) deur.  In die kategorie vir huistaalsprekers is dit Dianri Wessels (gr 9) en Anrich van Stryp (gr 10).  Baie geluk!

Nog 8 leerlinge kon deelneem (inskrywings word beperk) en almal het hulle baie goed van hul taak gekwyt!

2.         Van Huyssteens gr 11 Onvoorbereid

Hierdie kompetisie met ‘n wisseltrofee word jaarliks by Hoërskool Waterkloof aangebiedElandri Landman, Laïza Glutz en Marilyn Maré het ons skool se naam hoog gehou.

Luister na afkondigings, kyk op die kennisgewingbord en webwerf.  Die Kultuurfees, Radikale

Redenaars en Van Huyssteens Oratorfees nog voor!

 

Garsie presteer buite skoolverband

Jotham van Tonder gaan op 21 en 22 April aan die SA-roeikompetisie deelneem en op 28 tot 30 April aan die SA-skolebyeenkomsHy het onlangs, ter voorbereiding hiervan, ‘n goue medalje gekry tydens ‘n resies wat hy in 4:00:7, 2:02,3 en 6:45:0 voltooi het

 

PUK-Prestigereeks

Rugby

Hoërskool Garsfontein se rugby het ‘n uitsonderlike dag beleef en het daarin geslaag om skoonskip teen HTS Witbank te maak.

Die uitslag van die kragmeting was soos volg:

O/14 A             :           12 – 10

O/14 B             :           29 – 5

O/15 A             :           33 – 3

O/15 B             :           84 – 0

O/16 A             :           31 – 0

O/16 B             :           43 – 0

Derde span      :           58 – 0

Tweede span    :           65 – 0

Eerste span      :           101 – 3

Netbal

Ons netbal het eweneens presteer.  Al tien wedstryde wat gespeel is, is deur ons spanne gewen.

Die uitslag was soos volg:

O/14 A             :           13 -10

O/14 B             :           16 – 6

O/14 C             :           19 – 8 (vriendskaplik)

O/15 A             :           37 – 7

O/15 B             :           21 – 4

O/16 A             :           25 – 7

O/16 B             :           24 – 14

O/17 A             :           38 – 6

O/17 B             :           22 – 8

O/18 A             :           35 – 9

O/18 B             :           23 – 10

Die junior span van die week was O/15 A, en die senior span was o/17 A.

Tennis

Ons het op 22 Maart in die PUK-reeks teen Hoërskool Wonderboom meegedingOns senior span het met

39 – 24 gewen, en die junior span het weggeloop met ‘n telling van 50 – 13. 

Ons het voorts op 23 Maart kragte teen HTS Witbank gemeetTydens die geleentheid het ons senior span gewen met 33 – 30 en die junior span het ‘n telling van 58 – 5 aangeteken.

Garsfontein wen teen Die Anker.

Seniors            :           55 – 8

Juniors                        :           60 - 3

Hokkie

Garsie-hokkie het hulle staal teen HTS Witbank gewys deur die agt oorwinnings uit agt dogtershokkiewedstryde wat gespeel is:

O/14 A             :           2 – 0

O/14 B             :           3 – 0

O/15 A             :           2 – 1

O/15 B             :           2 – 1

O/16 A             :           3 – 0

O/16 B             :           6 – 0

Tweede span  :           7 – 0

Eerste span     :           3 – 0

Die seunshokkie het hulle man net so goed gestaan.  Die junior seuns het 1 – 0 gewen en die eerste span het gelykop gespeel met ‘n telling van 2 – 20.

 

Perdesport

Die Garsie-ruiters het soos gewoonlik puik gevaar tyens Liga 2.  Heelwat ruiters is met rosette beloonOns kapteine het met haar perd, nl. Rob Roy Red McGregor, ‘n eerste plek in die 1.10 m verower.  Leon Combrinck het twee eerste plekke verower!

 

Afrikaans-Ekspo 2012

Alle leerders moet asseblief seker maak dat hulle die inligting rakende die Afrikaans-Ekspo vandeesweek by hulle vakonderwysers sal kryDaar is verskeie kategorieë waarvoor leerders mag inskryf om hulle vernuf in Afrikaans ten toon te stel.

Daar is ook inligting op die aansteekbord by CE3 beskikbaar.

Indien jy graag wou deelneem, kan die inskrywings die vakansie by jou vakonderwyser ingegee word.

 

Koortoer-borge

Alle betrokkenes by die koortoer wat in Desember 2012 na Europa gaan plaasvind, wil graag die volgende borge vir hulle bydrae tot die koor bedank:

*           PostNet           :           Winkel 27, Sanlamsentrum, Middestad  Tel:  (012)  322 2419

*           Mojet Horlosiemakers en JuweelvervaardigersWinkel G67B en 67C, Menlyn-winkelsentrum

             Tel:  (012)  368 1138

*           Garntech (graniet en marmer):  Tel:  082 558 3352

*           Gerhaldo Motors, h/v Hans Strydom-rylaan en St. Bernardstraat

Ondersteun asseblief hierdie borge as erkenning vir hulle bydrae tot Garsie-kultuur.

 

Vakansie-aktiwiteite vir Garsie-netbal

Ons wil alle leerders en onderwysers wat gedurende die vakansie aan aktiwiteite soos sportklinieke, kursusse, ens gaan deelneem, sterkte en voorspoed toewens.  Die vakansieprogram lyk soos volg:

Netbal

1 tot 4 April

O/18 A en B, O/17 A en B en O/16 A en B is in Potchefstroom by netbalklinieke betrokke.

4 tot 7 April

O/14 A en B, O/15 A en B is in Potchefstroom by netbalklinieke betrokke.

Wanneer die skole heropen (10 – 14 April) gaan die O/14 C- en D-, O/15 C- en D- asook die O/16 C- en D-spanne aan ‘n netbalkliniek by Ralokwa Ranch deelneem.

Hokkie

O/14 A, O/14 B en O/15 B                                  :           Groblersdal     (3 – 5 April)

Eerste en tweede span asook O/16 A                   :           UJ                   (2 – 5 April)

O/16 B                                                              :           Groblersdal     (30 Maart – 1 April)

Seunshokkie

O/14 A                                                             :           Tuks                (30 Maart tot 2 April)

Eerste span, tweede span en O/16 A                   :           UJ                   (30 Maart – 2 April)

O/15 A                                                             :           Tuks                (5 – 8 April)

Rugby

Eerste span                                                      :           Stellenbosch   (30 Maart – 4 April)

Tweede span                                                    :           Monument       (30 Maart – 4 April)

O/16 A                                                             :           Paarl                (30 Maart – 4 April)

O/16 B                                                             :           Linden             (30 Maart – 4 April)

O/15                                                                :           George            (29 Maart – 5 April)

O/14                                                                :           Tuis                 (29 Maart – 5 April)

Atletiek

Die SA Junior en Jeugbyeenkoms vind van 29 Maart – 31 Maart in Germiston by die Herman Immelmanstadion plaas.  Tien van ons atlete gaan aan hierdie byeenkoms deelneem:

Dalton Möller                           S15      400m

Burger Lamprechts                 S15      Diskusgooi

Tegan Lion-Cachet                 S15      800m

Lammert Braak                       S17      1500m

Ivaan Potgieter                        S17      2000m Hindernis  +  3000m

Kyle Leukes                            S19      100m + aflos

Subrina Schlesinger                D15     Verspring + 100m  +  aflos

Mieke Pretorius                       D15     Hoogspring

Jeannelle Laubscher               D17     100mH  +  400mH

Chrizanne Forssman              D17     400mH

Danél Swanepoel                    D19     Verspring

TO Stranddiens-uitreik

Leerders van ons skool gaan saam met die Lux Mundi Gemeente aan ‘n uitreik na TO Strand vanaf 30 Maart tot 8  April 2012 deelneem.

 

Akademie

Wiskunde

Daar vind van 2 – 4 April ‘n Wiskundekongres  in Bela-Bela plaas.  Ons departementshoof van Wiskunde, mnr G Duursema, gaan dié kongres bywoon.

Nasien van aanvullende matriekeksamen-antwoordstelle

Mee A Mentz, T Coetzer en W Wegner gaan vanaf 31 Maart – 3 April by die nasien van aanvullende matriekeksamen-antwoordstelle vir onderskeidelik Rekeningkunde en English First Additional Language betrokke wees.

Price Waterhouse Cooper-werkswinkel

Drie gr 12-leerlinge gaan op 2 en 3 April ‘n PWC-werkswinkel bywoon.  Dankie aan Conradie Fourie, Morné Joubert en Sulèse Combrink vir hulle belangstelling en toewyding.

 

Musiekteaterklub

Vanaf die tweede kwartaal gaan die Musiekteaterklub by die skool aangebied word. Die klub beoog om leerders touwys te maak in die drie afdelings van musiekteater, naamlik drama, dans en sang. Klasse sal twee maal per maand op ‘n Vrydag aangebied word.

Indien u belangstel, kontak:

Christa-Louie Kannemeyer

072 436 5815

Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Die klasse sal slegs kan voortgaan indien daar ten minste 10 inskrywings is.

 

Saamrygeleentheid

Me A de Bruyn soek ’n saamrygeleentheid vir haar kind in die middag vanaf die skool na Faerie Glen (wes van Hans Strydom-rylaan by Glen Village.)  Kontak haar by 072 6126 840 indien u in dié verband kan help.

 

PUK-reeks:  Garsfontein vs Hoërskool Die Anker

PUK-reeks:  Garsfontein vs Die Anker.  Ons wintersportspanne het die kwartaal op ‘n hoogtepunt afgesluit met baie goeie uitslae teen Die Anker.

 

 

Rugby

Dertien wedstryde is gespeel, waarvan 10 gewen het.

Eerste span       :           31 – 3                                                 Tweede span     :           15 – 3

Derde span       :           24 – 12                                                Vierde span       :           31 – 0

O/16 A             :           48 – 3                                                  O/16 B             :           40 – 0

O/15 A             :           3 – 17                                                  O/15 B             :           48 – 0

O/15 C             :           17 – 20                                                O/14 A             :           31 – 12

O/14 B             :           12 – 5                                                  O/14 C             :           5 – 12

Netbal

Garsfontein het skoonskip gemaak!

O/18 A             :           44 – 10                                                O/18 B             :           37 – 2

O/17 A             :           25 – 16                                                O/17 B             :           26 – 7

O/16 A             :           30 – 9                                                  O/16 B             :           34 – 7

O/15 A             :           27 – 12                                                O/15 B             :           19 – 11

O/14 A             :           13 – 11                                                O/14 B             :           22 – 4

Hokkie

Sewe wedstryde en sewe wenne:

Eerste span       :           9 – 0                                                   Tweede span     :           7 – 0

O/16 A             :           3 – 0                                                    O/16 B             :           10 – 0

O/15 A             :           5 – 0                                                    O/14 A             :           8 – 0

O/14 B             :           6 – 0

Seunshokkie

Die eerste seunspan wen 10 – 0.  Die O/16’s volg hulle voorbeeld en wen met dieselfde telling.

Skaak

Wedstryd teen Hoërskool Die Anker op 27 Maart 2012.

Juniors

Garsfontein wen 4 – 1

Seniors

Garsfontein wen 5 – 0.

 

Seunshokkie:  Liga-uitslae

B-Liga

Vyf spanne het teen PHSB meegeding.  Die derde span wen met ’n pragtige telling van 8 – 1.

C-Liga

Die derde span wen Waterkloof 6 – 1.

 

Hoofborg

Mnr Jurie Cronje van McCarthy Toyota (Lynnwood) is ons skool se verteenwoordiger.  Skakel hom gerus by (012) 807 9800 indien u in enige motortransaksie sou belangstel.