


VOORBEREIDING VIR VAK IN GRAAD 8 – 9
Tydens hierdie fase word dit as ’n verrykingsvak aangebied en daar word op effektiewe kommunikasie en groepwerk gefokus. Leerders word veral voorberei op die praktiese komponent van die vak.
LEERINHOUD
Die vak behels 50% teorie en 50% praktiese werk.
Die 4 komponente van die vak is die bestudering van dramatekste, teatergeskiedenis, beginsels van spraak asook praktiese werk wat beweging, mimiek, improvisasie en verhoogkuns insluit.
Dit is ’n omvattende vak wat uitdagings aan die leerders bied en vereis dat die leerders deurlopend voor keuses en kreatiewe uitdagings te staan kom.
VAKVERWANTE AKTIWITEITE
BEELD Eisteddfod-dramakompetisie
Toneelopvoerings
Teaterbesoeke
ADDISIONELE HULP
Die praktiese komponent word na-ure ingeoefen. Daar is ook ekstra hulp met teorie.
SPOGPLEKKIE
Ons toneelgroep het reeds twee keer baie goed gevaar in die ATKV-Tienertoneelkompetisie.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Regisseur, akteur/aktrise, nuusleser, filmregisseur, verhoogbestuurder, klanken beligtingsoperateur, choreograaf, radio-omroeper, kostuumontwerper, stelontwerper, dramaterapie.
DRAMATIESE KUNSTE
GRAAD 10-12
Die graad 12 leerders het Februarie maand ‘n bewegingswerkswinkel bygewoon wat aangebied is deur Tracey Human. Die werkswinkel het veral gefokus op die einde van die jaar se prakties asook die beweging afdeling in die eindeksamen vraestel.
Die graad 12 leerders is dan ook besig om voor te berei vir hulle praktiese eindeksamen wat die 16de September sal plaasvind. Hierdie eksamen word ekstern gemodereer.
Tiaan Slabbert en Lee Visagie in graad 12 het by Tukkies se Dramadepartement oudisies afgelê om volgende jaar drama te studeer. Baie geluk aan julle wat hierdie oudisie geslaag het
Die graad 10 en 11 leerders het dan ook ‘n bewegingswerkswinkel bygewoon en is tans besig met voorbereiding vir hulle praktiese eksamen.
Die graad 11 leerders is besig om voor te berei vir die kinderteaterproduksie wat ons graag in kwartaal 4 op die planke wil bring. Die regie en skryf van die teks word self deur die leerders behartig.


