Garsie-gholf
Proewe:
Al die skool se spelers speel vir die eerste keer proewe tydens ons Garsie Gholfinterhuis; sodoende kan ons die rangorde van die spelers bepaal.
Voorsitterstrofee:
Die eerste span neem aan hierdie uitkloptoernooi deel.
Gholftoer:
Die toer word in slag-en putjiespelformaat gespeel, om die leerders vir die liga voor te berei.
Skoleliga:
4 spanne word ingeskryf, nl. 1 in die A-liga, 2 in die B-liga en 1 in die C-liga.
Die liga begin in die derde kwartaal.
Beplanning vir 2013
Jandré Buys tree vanjaar as assistent-organiseerder en –afrigter op. Jandré is ‘n gekwalifiseerde afrigter en het sy Vlak 3 Sertifikaat-kursus in Gholfonderrig en Opleiding (SAGTF) in 2012 afgehandel.
Hy is ook tans besig met sy BEd Menslike Beweegkundewetenskap en Sportbestuur.
Hy is ook ‘n oud-Garsie en ken en verstaan die skolegholfsituasie baie goed. Hy was ook vir twee jaar die kaptein van ons skool se eerste gholfspan, in die tyd wat ons die Gauteng Noord-kampioene was.
Hy gaan die volgende dienste lewer:
1.Spanbouwerk en spanontwikkeling vir hoofsaaklik die eerstespanoefengroep.
2.Beginner groeplesse: 4-6 leerders in ʼn groep, R240 p.m.(4 lesse per maand van 'n uur lank elk) - by skool(enige iemand met 'n voorgee van laer as 18 is nie meer 'n beginner nie).
3.Individuele-beginnerslesse: R120 per een uur les. Skool of dryfbaan.
4.Gevorderde groeplesse: 2-3 leerders in n groep, R400 p.m. (1 uur les weekliks- 4 lesse), dryfbaan.
5.Individuele gevorderde afrigting : R180 per les, 1 uur les, dryfbaan.
Kontak rus vir Jandré (072 611 9719) indien u belangstel om van een van hierdie opsies gebruik te maak.
Sport 

