Get Adobe Flash player
Tuisblad Akademie Vakke Natuurwetenskappe Fisiese Wetenskap

In die Fisiese Wetenskappe bestudeer ons natuurverskynsels asook wette om die natuurverskynsels te verklaar. Ons stel eers ondersoek in deur middel van eksperimente asook navorsing om sodoende tot 'n gevolgtrekking te kom. Hierdeur kry ons 'n beter idee hoe die wêreld rondom ons werk.

Ons streef daarna om:

  • die leerder in totaliteit tot sy/haar volle potensiaal te lei.
  • die belangstelling van die leerders in natuurwetenskappe aan te wakker.
  • die kind se denke op 'n logiese wyse te ontwikkel om vanaf probleemsituasies tot oplossing te kom.
  • die begeerte om self navorsing en ondersoek in te stel, te ontwikkel.
  • vir elke kind genoeg agtergrondkennis te gee om met vrymoedigheid na skool in die wetenskaplike rigting te studeer. 

Ons het verskeie aksies by die skool gedurende die jaar, nl. wetenskapweek, brugbou, olimpiades asook uitstappies.

Ons bied Fisiese Wetenskap in graad 11 en 12 ook in kleinklas-formaat aan. Dit beteken daar is slegs twintig leerders in die klas wat die geleentheid vir vrae en interaksie tussen kind en onderwyser verbeter.

Beroepe:

Mediese doktor, ingenieurswese, aptekerswese, fisio-terapie, grafiese ontwerp, vlieënier, tandheelkunde, optomotrie,  navorser en nog baie ander.