"Om kinders te leer tel is goed, maar om hulle te leer WAT tel, is beter."

  Bob Talbert

Die Wiskunde
departement is 'n dinamiese span wat bewus is van die feit dat Wiskunde deel is van ons elkeen se lewens.  Daarom stap die Wiskunde-onderwysers graag die ekstra myl om elke leerder so goed as moontlik toe te rus vir hul toekoms.

Daar is verskeie faktore wat bydra tot
ons leerders sesukses.  Kleinklasse wat beskikbaar is, is ideaal vir individuele aandag.  Effektiewe onderrig met behulp van multimedia-tegnologie maak die vak meer gebruikersvriendelik.  Daar word winter- en somerskole aangebied om leerders nog beter voor te berei vir eksamens. Ons beste bate is verseker ons toegewyde en passievolle onderwysers wat baie hard werk om te verseker elke leerder presteer volgens sy/haar vermoë.

Die Wiskunde-onderwysers bied self ekstra klasse aan vir leerders wat ekstra hulp benodig en daar is ook die naskoolsentrum
"Me-help-me" wat 'n baie groot bydrae lewer.

Die "Garsies Wiskunde Aandklas-groep” op Facebook is van groot hulp.  Hier word
alle afbakenings vir toetse en eksamens deurgegee, wenke word geplaas en leerders kan hier selfs hulp vra met huiswerk!

Ons grootste doelwit is om leerders te lewer wat hulself kan handhaaf na skool,hetsy vir verdere studie of in die werkplek. Daarbenewens strewe ons ook daarna om 'n liefde vir Wiskunde te kweek en te bevorder, sodat elke Garsie sy volle potensiaal kan bereik.

"Wiskunde leer ons dalk nie hoe om liefde by te tel en haat weg te neem nie; maar dit gee ons elke rede om te hoop dat daar vir enige probleem 'n oplossing is."