Verander lewens
Bied keuses

Welkom

In Garsieland is verandering nie net onvermydelik nie, dit word verwelkom.

Ons verstaan dat elke Garsie ‘n storie is wat wag om geskryf te word en ons is hier om die gereedskap en leiding te verskaf sodat leerders verhale van sukses en vervulling kan skryf.

Met ‘n ryk tapisserie van akademiese vakkeuses tot ‘n oorvloed van buitemuurse aktiwiteite, bied ons geleenthede wat elke leerder bemagtig om deur kennis, vaardighede en selfvertroue hulle eie lewenswêreld te navigeer.

Ons nooi jou uit om die verhale van sukses te lees en die uiteenlopende geleenthede, wat Hoërskool Garsfontein ‘n plek maak waar lewens verander word, te ontdek.
Of jy ‘n voornemende leerder, trotse ouer of slegs ‘n nuuskierige besoeker is, ons verwelkom jou om ons skool te verken.

Welkom by Garsieland – waar onderwys ‘n katalisator vir verandering word en keuses die bousteen van ‘n blink en suksesvolle toekoms is.

Onlangse nuus en gebeure

Die Hoërskool Garsfontein het op 19 Maart 2024 die MMG 2024 aangebied – Mnr en Mej Garsie  met die gaskunstenaar Chris Steyn, in die Aula Ouditorium.

Die Hoërskool Garsfontein het jaarliks ’n uitreik program na die gemeenskap van Derdepoort vir minderbevoorregte kinders en families. Hierdie program vind jaarliks gedurende Desember plaas. Die Garsieraad koördineer die program.

Garsies woon “Gauteng Youth Camp” by in Desember
“If you enter a race and finish last, you are a winner. The loser never entered the race”

Vir 20 Hoërskool Garsfontein leerders is dit die leuse. Hulle het nie gewen nie, hulle het nie medaljes ontvang nie, maar hulle het ‘n onvergeetlike kamp bygewoon by Camp Discovery.

Matriek Merietefunksie 2023

15A GARSIE YSBERE WENNERS VAN NOORDVAAL (2de agtereenvolgende jaar)

Ysbere wen Rustenburg met 44 lopies op St Albans se veld.

Garsiekoshuis besoek Karibiese eilande (Koshuisdinee)

Rugby trofeë oorhandigingsfunksie aangebied deur Go Business