Get Adobe Flash player
Tuisblad Kultuur Klubs en akademies Dans-akademie

  DANS-AKADEMIE

2013

alt

Belangrike inligting

Geagte ouer en danser

Baie geluk met die verkiesing van u dogter tot Hoërskool Garsfontein se dans-akademie van 2013.  Haar unieke danstalent gaan beslis bydra tot ‘n wonderlike en nog meer suksesvolle jaar.

U sal gereeld inligting ontvang aangaande oefentye en optredesOefentye vind twee keer ‘n week plaas en  elke sessie is ongeveer 2 ure lank.  Tye kan moontlik wissel om dansers, wat aan ander aktiwiteite ook deelneem, te akkommodeer.  Let ook daarop dat tydens kwartaal 1 die atletiek en swem voorkeur kry ten opsigte van oefentye.   U kan ons webblad besoek om hierdie inligting te bekom

Hierdie aktiwiteit verg van elke danser, die afrigter en hul ouers baie toewyding en geduld.  Om weer dieselfde en selfs hoër hoogtes as 2012 te bereik, sal baie ure se oefening vergOns is egter baie entoesiasties en oortuig daarvan dat ons ‘n puik jaar gaan beleef, aangesien ons aan meer kompetisies sal deelneemOns werk hard sodat merietebalkies ontvang kan word, maar hou hierdie aktiwiteit ook genotvol en opbouendOns kweek en bevorder danstalent met die oog op vroulikheid en styl. 

Aangesien voltydse afrigting plaasvind en daar wel ook ‘n beperkte begroting is, versoek ons vriendelik dat u ‘n  aansluitingsfooi van R700 sal betaal.  U is welkom om dit oor ‘n tydperk van vier maande af te betaalAlle gelde moet asb einde April 2013  inbetaal weesHierdie bedrag word gebruik vir die maak en aankoop van ons nuwe uitrustings (wat vir die volgende twee jaar gebruik sal word), vervanging van pom-poms en aankope van nuwe pom-poms, onkostes van kompetisies, vervoer, ens.  Die oorblywende bedrae wat betaal moet word vir hierdie doel sal uit die dansbegroting verhaal word, en dus is hierdie ‘n spanpoging en het ons elke lid se bydrae nodigIndien u ‘n alternatiewe reëling wil tref rakende die betaling, is u welkom om my te skakel.

 

Belangrike reëls:

  • ‘n Volledige oefenregister, wat ook sal dien vir die keuring van die dansers vir elke optrede, word voltooi. Deurgaanse bywoning en vlotheid van roetine sal optrede verseker.
  • Stiptelikheid by oefeninge is baie belangrik, aangesien ons net beperkte oefentye in die week het en ‘n groep van jou afhanklik is en op jou staatmaak.
  • Ons kan nie verantwoordelikheid vir beserings aanvaar nie.
  • Aanvaarbare en gemaklike dansklere (broek en top) is ‘n vereiste vir oefeninge.
  • Die instandhouding van danskostuums en pom-poms is elke danser se eie verantwoordelikheid.
  • Indien ‘n oefening nie bygewoon kan word nie, moet jy persoonlik vir Me. Blom of Michelle laat weet.
  • Dit bly die danser se verantwoordelikheid om voorbereid na die oefeninge te kom.
  • Enige navrae, voorstelle en probleme moet asseblief direk aan my gerig word,  sodat  suksesvolle kommunikasie verseker kan word.

 

Ek sien uit na elke uitdaging en glo dat ons lekker saam met u sal werk om uiteindelik u dogter se talent en potensiaal te ontwikkel, haar gelukkig te hou asook hegte vriendskappe te vorm.

 

By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.

 

Vriendelike groete 

 

Me. S. Blom                                                                  Mnr. C. van den Berg

Organiseerder                                                               Kultuurhoof

 

 

 

Elektroniese oorbetalings:        

Hoërskool Garsfontein

      ABSA

      Taknommer: 632005

      Rek.no: 3490143482

      NB Verwysing : Dans/ Naam van Kind

 

Faks bewys na : 012 998 0404

Aandag: Sandra