Praktiese vaardighede in die vak Fisiese Wetenskappe is van groot belang by Hoërskool Garsfontein. Dit bly een van die hoofredes waarom leerders hierdie vak neem op skoolvlak. Die nuwe CAPS waarmee Graad 10’s huidiglik besig is maak voorsiening vir gereelde praktiese eksperimente. Die tweede kwartaal van hierdie jaar se prakties was opgestel oor stroomelektrisiteit. Leerders moes teorie en praktyk op hierdie manier by mekaar uitbring. Garsies bewys weereens dat leer en pret in dieselfde sin genoem kan word.
