VOORBEREIDING VIR VAK IN GRAAD 8 – 9
’n Leerder moet ten minste 50% in die leerarea, Natuurwetenskappe behaal en ’n belangstelling in die vak toon.
LEERINHOUD
Ons bestudeer o.a. die diereryk, die planteryk, die sonnestelsel, eienskappe van materie, kragte en chemiese bindings. Leerders word geleer om wetenskaplike ondersoeke te kan doen en data te kan interpreteer.
VAKVERWANTE AKTIWITEITE
Ons doen verskeie eksperimente, hou ’n Wetenskap Expo asook ’n brugboukompetisie.
ADDISIONELE HULP
Daar word op ’n gereelde basis ekstra klasse aangebied.
Winterskool vir die Graad 12’s.
SPOGPLEKKIE
Ons het ons eie Wetenskapweek waartydens ons interessante uitstappies reël.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Ingenieurswese, Farmasie, Medies, Fisioterapie, Veeartsenykunde, Argitektuur, Optometrie, ens.
http://phet.colorado.edu/en/simulations/category/new