Get Adobe Flash player

Brand Pretorius se 9 sukseslesse

Lees meer...

 

 

‘n Baie gewilde keusevak vir graad 10 tot 12. Tel as toelatingsvak vir Universiteitstudies.

Leeruitkoms 1         Sake-omgewings

Dit sluit in ontwikkeling, evalueuring en ontleding van strategieë, SSBG-ontledings, impak van wetgewing op sake-ondernemings 

Leeruitkoms 2         Sakegeleenthede

Dit sluit in kritiese evaluering van sakegeleenthede, assessering van entrepreneuriese eienskappe, menseregte, inklusiwiteit, omgewingskwessies, assuransie, versekering, sakebeleggings en ondernemings- vorme se invloed op die sukses of mislukking van ‘n onderneming.

Leeruitkoms 3         Sakerolle

Dit sluit in uitdagings in dinamiese en komplekse sake-kontekste, etiese en effektiewe sakepraktyke, bestuur- en leierskapstyle en -benaderings en konflikbestuur, keuse van moontlike sakeloopbane, spanwerk en die welstand van werknemers.

 Leeruitkoms 4         Sakebedrywighede

Dit sluit in die totale ontleding en toepassing van menslike hulpbron-bestuur, ontwikkeling in arbeidsbetrekkinge asook die ontleding van hoe kwaliteit van prestasie lei tot die sukses of mislukking van ondernemings.

Beroepsmoontlikhede

· Enige B.Com-graad aan ‘n tersiêre instelling wat kan lei tot beroepe soos:

Aankoper, bemarker, finansiële bestuurder, produksiebestuur, projekbestuur,  personeelbestuur, skakelbeampte, bestuurskonsultant, opleidingsbeampte, beleggingsbestuurder, arbeidskonsultant, risiko-analis, ens.

· Finansiële instellings

· Onderwys

· Eie besigheid.

 

Besigheidstudies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

www.sake24.co.za