|
‘n Baie gewilde keusevak vir graad 10 tot 12. Tel as toelatingsvak vir Universiteitstudies. Leeruitkoms 1 Sake-omgewings Dit sluit in ontwikkeling, evalueuring en ontleding van strategieë, SSBG-ontledings, impak van wetgewing op sake-ondernemings Leeruitkoms 2 Sakegeleenthede Dit sluit in kritiese evaluering van sakegeleenthede, assessering van entrepreneuriese eienskappe, menseregte, inklusiwiteit, omgewings-kwessies, assuransie, versekering, sakebeleggings en ondernemings- vorme se invloed op die sukses of mislukking van ‘n onderneming. Leeruitkoms 3 Sakerolle Dit sluit in uitdagings in dinamiese en komplekse sake-kontekste, etiese en effektiewe sakepraktyke, bestuur- en leierskapstyle en -benaderings en konflikbestuur, keuse van moontlike sakeloopbane, spanwerk en die welstand van werknemers. Leeruitkoms 4 Sakebedrywighede Dit sluit in die totale ontleding en toepassing van menslike hulpbron-bestuur, ontwikkeling in arbeidsbetrekkinge asook die ontleding van hoe kwaliteit van prestasie lei tot die sukses of mislukking van ondernemings. Beroepsmoontlikhede · Enige B.Com-graad aan ‘n tersiêre instelling wat kan lei tot beroepe soos: Aankoper, bemarker, finansiële bestuurder, produksiebestuur, projekbestuur, personeelbestuur, skakelbeampte, bestuurskonsultant, opleidingsbeampte, beleggingsbestuurder, arbeidskonsultant, risiko-analis, ens. · Finansiële instellings · Onderwys · Eie besigheid
|
|
