Tuis Inligting Geraasmakers Akademie GrootSporte KleinSporte Kultuur Kontak ons Koshuis
Leierskap

Rolinastraat

Garsfontein, Pretoria

Gauteng

GPS : 25.7979S - 28.3052E


Telefoonommers

012 998-6096 / 8200 / 8210


garsies@garsies.co.za


OudGarsies

koshuis

skool

Tuis Inligting Geraasmakers Akademie GrootSporte KleinSporte Kultuur Koshuis Kontak ons

Hoërskool Garsfontein se visie is om ’n skool te wees, wat met Christelike waardes en gehalte-onderwys in voeling met die moderne wêreld wil bly. Ons onderwysers is gekwalifiseerde, professionele opvoedkundiges met ‘n passie vir hulle werk en ‘n wil om die beste potensiaal uit elke leerder na vore te bring. Ons buitemuurse aktiwiteite is op dieselfde vlak as ons akademiese standaard. Ons opvoedkundige sentrum bied ondersteuning vir elke leerder wat oor vakkeuses twyfel. Ons is trots op ons leuse van “Bou en Bewaar”, wat Garsies deur die jare geïnspireer het om die realiteit van die lewe in die gesig te staar en ‘n fondament vir persoonlike groei te skep. Bou aan jou toekoms op akademiese gebied, sodat jy jou potensiaal kan bereik. Bewaar jou unieke menswees om sodoende die eise van die samelewing te kan hanteer en bestuur.Ons het vertroue in die skool se toekoms en ons wil graag, op ‘n innoverende wyse, tot die skool se beste toekomsverwagtings ‘n bydrae lewer. Terselfdertyd wil ons ook die tradisies wat by ons skool geskep is, bewaar. Woorde is nie genoeg om die besondere atmosfeer wat by hierdie omgee-skool heers, te beskryf nie, daarom nooi ons jou met vrymoedigheid uit om die warm gasvryheid van ons skool te kom beleef.

Neem ‘n ingeligte besluit vir jou toekoms - Hoërskool Garsfontein is die ideale keuse vir jou hoërskoolloopbaan.


TOELATINGSPROSEDURE vir SKOOL en ons nuwe KOSHUIS op skoolterrein

Instruksies vir aansoek vir ʼn papiergebaseerde aansoekvorm vir skool- en/of koshuisinskrywings:

1.         U kan ʼn aansoekvorm per e-pos aanvra (PDF-formaat) deur u kontakbesonderhede te e-pos aan:

SKOOLAANSOEKE na                                                    KOSHUISAANSOEKE na

aansoeke@garsies.co.za                                             koshuis@garsies.co.za

of  kontak       

Bemarking- en kommunikasiebeampte

Elisma Reid

012 998 6096


2.        U moet die aansoekvorm uitdruk, volledig voltooi en pos na die volgende adres:

Aansoeke 2016

Hoërskool Garsfontein

Posbus 90001

Garsfontein

0042

3.         Die aansoekvorm kan ook per hand afgelewer word by:

Hoërskool Garsfontein

Rolinastraat

Garsfontein

Toelatings en Finansies

Theresa van der Merwe

012 998-6096

Lees meer

VoornemendeLeerders

Geraasmakers

Erkenning aan ons Geraasmakers 2015

Akademie