Nuus en Media

Nuus en Media

Oud-Garsie maak internationale naam

Ons is ongelooflik trots op hierdie oud-Garsie, Daniella Bezuidenhout, wat tans besig is om haar Meestersgraad in Lugvaart- en Ruimtevaartingenieurswese aan “Embry-Riddle Aeronautical University” in Florida, VSA, te voltooi — met graduering beplan vir Mei vanjaar. Sy het reeds in Mei 2025 haar Baccalaureusgraad in dieselfde veld ontvang en kort daarna met haar meestersgraad begin […]

Nuus en Media

Krieket Uitslae – Ysbere in aksie

Garsfontein 1C Ysbere behaal ’n uitstekende oorwinning teen Overkruin 1B. Wedstrydopsomming: Overkruin 1B: 93 lopies vir 10 in 22 beurte Garsie 1C: 94 lopies vir 1 paaltjie in 9 beurte. 𝑼𝑰𝑺𝑻𝑨𝑨𝑵𝑫𝑬 𝑷𝑹𝑬𝑺𝑻𝑨𝑺𝑰𝑬𝑺: Liam Lightfoot: 55 lopies van net 27 balle. Ons spog ook graag met ons 14/A Ysbere Kaptein, Diederick van Emmenes, wat gister teen

Nuus en Media

Akademie Uitslae

Met trots vier ons twee van ons leerders se uitsonderlike akademiese prestasies op internasionale vlak. 𝐍𝐢𝐜𝐨𝐥𝐞𝐭𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐓𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫 het aan die IMBEWU Expo deelgeneem met haar projek oor veiligheid rondom radio-aktiwiteit. Sy behaal: 2de plek in haar kategorie. Goud by Gauteng-Noord én Nasionale kompetisies. As erkenning vir haar uitmuntende werk is sy uitgenooi om Suid-Afrika

Nuus en Media

Skaak Prestasies

Garsies maak hul merk op die skaakbord! Gedurende die Desembervakansie het verskeie Garsies aan provinsiale skaaktoernooie deelgeneem en uitstekend presteer. Amber Viljoen het vir Tshwane se o/18 B-dogtersspan op bord 1 gespeel en die A-span se nommer 1 speler geklop. Cyle Nason was deel van Tshwane se o/18 C-span wat silwer gewen het, en hy

Nuus en Media

International Day of Education

Hulle het in ons geglo toe ons self getwyfel het. Hulle het gevorm, gelei en geïnspireer – elke dag. Vandag sê ons dankie aan elke onderwyser wat meer doen as net onderrig – julle bou drome, selfvertroue en toekoms. Happy Education Day aan ons ongelooflike onderwysers.

Nuus en Media

Interhuis 2026

Wat ’n elektriese Interhuis. Die stryd om die geesbeker was uiters mededingend, met elke span wat hul alles gegee het — en ons dirigente het beslis nie teleurgestel nie. Die energie en samehorigheid was iets besonders om te sien. Interhuis was nie nét oor gees nie. Ons atlete het ook met trots en toewyding deelgeneem,

Nuus en Media

Swem Interhuis 2026

Ons swem-interhuis het gister alles gehad: energie, gees, spanning tot die laaste baan en Garsies wat hul longe én harte in die water gelos het. Van rekord-pogings tot spanwerk wat hardop geskree het, hierdie interhuis was suiwer trots. Dankie aan elke leerder, ondersteuner en afrigter wat dit ’n dag gemaak het om te onthou. Dít

Nuus en Media

Matriekuistslae 2025

Ons spog graag vir die laaste keer met ons uitstekende matriekuitslae vir 2025. Baie geluk aan elke leerder. Ons is baie trots op julle!

Scroll to Top