Gauteng Youth Camp

Garsies woon “Gauteng Youth Camp” by in Desember.

“If you enter a race and finish last, you are a winner. The loser never entered the race”

Vir 20 Hoërskool Garsfontein leerders is dit die leuse. Hulle het nie gewen nie, hulle het nie medaljes ontvang nie, maar hulle het ‘n onvergeetlike kamp bygewoon by Camp Discovery.

Hier volg kort uittreksels van somige van die leerders wat die kamp bygewoon as ‘n opsomming van die kamp:

“Die kamp was vir my baie lekker en ek sal weer so iets doen. Dit het my baie oor verskillende mense geleer asook baie oor myself. Ek het geleer dat jy enige iets kan bereik as jy as n’ span saamwerk. Ek was baie uit my ‘comfort zone’ uit gehaal en dit het my gehelp groei as ‘n leier. Ek het waardevolle vriendskappe met mense gebou wat ek nooit gedink het ek sal nie.”

“Die onderwerpe wat die kamp ‘Stewards’ vir ons geleer het, het my oë oopgemaak en my meer laat dink wat aangaan in ons land”

“My gunsteling deel van die kamp was om nuwe mense en hul kulture te leer ken. Ek het defnitief lewenslange vriende gemaak en ons almal is klaar op whatsApp groepe en in kontak met mekaar. Dit was baie opvoedkundig gewees waar hulle met ons gepraat het oor ‘social cohesion’, ‘tolerance’, leierskap, respek  en vele meer. Ons het ook markdag gehad en dit het my gehelp om buite die boks te dink en om ook self die produkte te maak, iets wat ek nog nooit gedoen het nie. Om te sien wat ander mense se lewensomstandighede is het ons almal laat besef hoe dankbaar ons moet wees vir wat ons het. Om ‘n verskil in iemand se lewe te maak deur die uitreik na die skool en ouetehuis was n’ belewenis.”

“Ek sal sê die grootste les was dit maak nie saak waar jy vandaan kom of watter taal jy praat nie, ons almal bly mense en ons diversiteit konnekteer ons en bring nuwe idees op die tafel.”

Uit die mond van die suigeling kan ons die waarde van die “National Youth Camp” waarneem.