TONEEL

Garsie-toneelgroep presteer baie goed tydens die FAK Allegretto Toneelfees en ATKV-Tienertoneelkompetisie (Pretoria-streek). Met die stuk "Oorgang" geskryf deur Nell van der Merwe, ontvang hulle by die FAK Allegretto fees ‘n silwer-toekenning vir beligtingsontwerp en dekor. Hul ontvang ook ‘n brons vir klankontwerp, ensemble spel, algehele produksie en Nell van der Merwe ‘n goud vir klanktegnikus. Gustav Duvenhage ontvang ook ‘n silwer vir beligtingstegnikus. Tydens die ATKV Tienertoneelkompetisie ontvang die Toneelgroep brons vir regie, ensemble, dekor, klankbaan, algehele produksie en nuutgeskrewe teks. Jessi Westmore en De Wet Dippenaar ontvang ook ‘n brons toekenning vir individuele toneelspel.

MUSIEKBLYSPEL

Hoërskool Garsfontein het in 2019 met trots hul 11de musiekblyspelproduksie, “The Troupe” aangebied. Die Musiekblyspel word jaarliks in die Atterburyteater aangebied en dit bied talle leerders die geleentheid om deel te vorm. Dit was ʼn groot voorreg om saam Christa-Louié aan hierdie produksie te werk en te sien hoe haar droom week na week verander het in ʼn werklikheid. The Troupe vertel die verhaal van ʼn groep sirkuskunstenaars wat onder die druk van hul eienaars daarvan droom om eendag bevry te word van slawerny en as volwaardige sirkus “Troupe” die wêreld vol te reis en gehore met hul talente betower. Ons is hierdie jaar besonders geseënd met die talentvolle kunstenaars waaruit ons die geselskap kon saamstel en in besonder die graad 12-groep van 2019. Hierdie groep het in die spore van hul voorgangers ontwikkel tot kunstenaars waarna elke voornemende deelnemer met trots kan opkyk. Graad 12’s, dit was vir ons ʼn voorreg om die afgelope 5 jaar die paadjie op die verhoog saam julle te stap en om te sien hoe julle letterlik voor ons oë ontwikkel het tot opregte verhoogsterre!
Die skool se twee kore het die afgelope drie jaar hulle mees suksesvolle tydperk sedert die vestiging van die eerste koor in 1997. 2019 begin soos gewoonlik met oudisies vir nuwe koorlede, ʼn oefen-naweek in Februarie en ‘n koorkamp wat deur die koorlede, soos gewoonlik, as “die lekkerste ooit” bestempel word. Die Skoolkoor skop die koorseisoen af met ʼn silwer-toekenning tydens die Pretoria Eisteddfod, maar proe sukses tydens kykNET se Sing in Harmonie Kompetisie waar hul aangewys word as episode wenner en deur dring na die finaal op 12 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City. Die meisieskoor behaal weer sukses op die hoogste vlak. Hul verwerf ʼn A+ simbool tydens die Pretoria Eisteddfod. Tydens die streeksfees van ATKV- Applous verwerf die koor ʼn Goue-toekenning. Vir die tweede keer in die koor se bestaan dring hulle deur na die nasionale finaal van die ATKV- Applous-kompetisie in Bloemfontein. Die meisies sing soos engele en behaal ʼn algehele tweede plek in Suid-Afrika. Hulle volg ook in die skoolkoor se voetspore deur ook hulle episode van Sing in Harmonie te wen en dan die finaal deur dring. Tydens die Tres Scholarum-aand kry albei kore die geleentheid om op te tree en neem ook aan die begin en einde van die aand deel aan die massakoor en –orkes items deel, waar die orkeste en kore van Hoërskool Garsfontein, Waterkloof en Menlopark ʼn gesamentlike item gelewer het.

MUSIEKAKADEMIE

Sodoende is daar hierdie jaar weereens besluit tussen Werner en sy kollegas, Christi Jackson (sang) en Bea Fourie (klavier) om die studente ’n geleentheid te bied om deel te wees van ’n fondsinsameling optrede by die Rockwoodteater in Parkview. Die opvoering se naam was “One Hit Wonders” en die studente kry die geleentheid om saam met professionele musikante op te tree. Liedjies soos “The Final Countdown”, “Take On Me”, “Walking On Sunshine” en vele meer, is opgevoer. Die studente het nie net die geleentheid gekry om te sing, speel en deel te wees van die orkes nie, maar hulle was almal ook deel van die fondsinsamelings projek vir die ‘Potato Foundation’.

SKEP DIT-AAND

Hierdie jaarlikse geleentheid gee aan ons skrywers, komponiste en choreograwe die geleentheid om hulle skepping met die mense om hulle te deel.

GARSIE DRUMLINE

Garsie-Drumline bestaan uit 16 lede, van graad 8 tot 12. Die tromspelers maak gebruik van 7 snaartromme, 3 tom-toms, 3 bastromme, 2 multi-tom-toms en simbale.

CULTURE VULTURE KUNSTE- EN KULTUURWEEK

Die jaarlikse Hoërskool Garsfontein Kunste- en Kultuurweek trek in 2019 ʼn nuwe baadjie aan as die “ Culture Vulture-Kunsteweek” en bereik ‘n hoogtepunt op Saterdag 31 Augustus, met die week se Culture Vulture-Uitnodigingsaand in die Atterburyteater. Die gehoor is bederf met optredes in dans, sang, instrumentaal en drama. Die deelnemers wissel van nuwelinge tot die ervare matrikulante. Die Garsie-Drumline en die GarsieDansCrew lewer ook eerste klas vertonings. Hierdie week bou voort op die strewe na die ontwikkeling van die talent by die skool en die fokus daarop om optree-geleentheid aan leerders te gee in ‘n drukvrye omgewing.

TRES SCHOLARUM

DEBAT

Tres Scholarum is ‘n prestige-kultuurgeleentheid waar Hoërskool Garsfontein, Die Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof hande vat om die kultuur en kunste van ons drie skole saam op een verhoog te laat skitter. Elke skool kry ongeveer 20 minute op die verhoog om die karakter van hul kultuur by die skool ten toon te stel. Die aand word afgesluit met ‘n massa-orkesitem, waar ons leerders wat instrumente bespeel aansluit by die orkeste van die ander twee skole, asook ‘n massa-kooritem, waar albei ons kore betrokke sal wees. Daar was nagenoeg 200 van ons skool se kultuursterre betrokke.

AKTIWITEITE

Die GarsieDansCrew bestaan uit 19 talentvolle en energieke dansers wat twee keer ‘n week oefen. Met ‘n tikkie glans en diverse style, streef die dansers na perfeksie en uitnemendheid. Ons dansers word aangemoedig om in verskeie dansstyle te dans, om hul sodoende aan ʼn verskeidenheid style bekend te stel en te ontwikkel. Die Garsie DansCrew het hierdie jaar by verskeie geleenthede opgetree, onder andere tydens die Mnr & Mej Garsie kompetisie, Opedag, “Garsie Culture Vulture uitnodigingsaand” en die hoogtepunt van die jaar was ons optrede by die “Tshwane Youth Arts Festival”. Ons beoog om volgende jaar deel te neem aan verskeie danskompetisies, sodat ons die Ddnsers geleenthede kan bied waar hulle hul passie kan uitleef. Ons verwelkom vir Me S van der Merwe as die nuwe afrigter vanaf 2021.
Tshwane Kunstefees Me A van Tonder Vuvamation Me A van Tonder Pretoria News and Ad Kompetisie Me A van Tonder Kunsvlyt Me J Smith
Eistedfodd Me M Cloete Debat Me H Kruger Skryfkompetisie Me J de Bruyn Radikale Redenaars Me S Alers ATKV Spelkompetisie Me M Kieser Public Speaking Me C Smith

UITVOERENDE KUNSTE

Toneel Me M Cloete Koor Mnr H Davel “Skep dit!”–aand Me M Cloete Musiekblyspel Mnr H Davel Kunstefees Mnr H Davel Mnr. en Mej. Garsie Me S Vermeulen Dans Crew Me S vd Merwe

VAKVERWANTE AKTIWITEITE

SKEPPENDE KUNSTE

PERSONEEL

Mnr H Davel

BESTUURSHOOF KULTUUR

2021 2021 Op Vrydag 6 Mei 2021 was dit die jaarlikse  Mnr & Mej Garsie kroningsaand.   Dié spoggeleentheid het vanjaar ‘n nuwe  rigting ingeslaan met Me. Suzanne  Vermeulen wat die leisels oorgeneem het.  Dit was ook vanjaar vir die eerste keer in  die Barnyard Teater in Menlyn aangebied -  met groot sukses.  Ten spyte van die  beperking op die hoeveelheid mense wat  kaartjies kon kry om die kroning by te  woon, was die geleentheid deur meer as  2000 mense gevolg op GarsieTV.  Ons is  ook trots dat Mnr & Mej Garsie vanjaar op  kykNET se Skole Top 10 verskyn het.   Die deelnemers het ook terugvoer gegee  dat die aand beslis ‘n hoogtepunt van hul  Hoërskool loopbaan was. Hulle het dit  baie geniet en hulle was ‘n puik groep om  mee saam te werk. William Nicol en Liané Jonk  Mnr en Mej Garsie KULTUUR William Nicol en Liané Jonk  Die gaskunstenaar, Joshua na die Reën,  en die GarsieDansCrew het die gehoor behoorlik vermaak met onverbeterlike musiek en dans. Die beoordelaars vir vanjaar was Gerrit Pienaar, Roelof Theunissen, Chantelle Pretorius,  Shannon Coetzee, Hestie Jooste en  Morné Steyn.   Ons is baie opgewonde oor die toekoms van Mnr & Mej Garsie en sien klaar uit  om die leerders se inskrywings vir 2022  te ontvang.  2021 2021 Debutant van die jaar          Alison Gray Debutant van die jaar          Alison Gray 1ste Prins & prinses – Luan Mulder en Zanie Jansen van Vuuren 2de Prins & prinses – Hanu Greyling en Tallulah van Os Mnr & Mej Fotogenies- Antoiné Roestorf en Alexander Kriel  Mnr & Mej Persoonlikheid – Luan Mulder en Lisa Rademeyer

TONEEL

Garsie-toneelgroep presteer baie goed tydens die FAK Alle- gretto Toneelfees en ATKV-Tienertoneelkompetisie (Pretoria- streek). Met die stuk "Oorgang" geskryf deur Nell van der Merwe, ontvang hulle by die FAK Allegretto fees ‘n silwer- toekenning vir beligtings-ontwerp en dekor. Hul ontvang ook ‘n brons vir klankontwerp, ensemble spel, algehele produksie en Nell van der Merwe ‘n goud vir klanktegnikus. Gustav Duvenhage ontvang ook ‘n silwer vir beligtingstegnikus. Tydens die ATKV Tienertoneelkompetisie ontvang die Toneel- groep brons vir regie, ensemble, dekor, klankbaan, algehele produksie en nuutgeskrewe teks. Jessi Westmore en De Wet Dippenaar ontvang ook ‘n brons toekenning vir individuele toneelspel.

MUSIEKBLYSPEL

Hoërskool Garsfontein het in 2019 met trots hul 11de musiekbly-spelproduksie, “The Troupe” aangebied. Die Musiekblyspel word jaarliks in die Atterburyteater aangebied en dit bied talle leerders die geleentheid om deel te vorm. Dit was ʼn groot voorreg om saam Christa-Louié aan hierdie produksie te werk en te sien hoe haar droom week na week verander het in ʼn werklikheid. The Troupe vertel die verhaal van ʼn groep sirkuskunstenaars wat onder die druk van hul eienaars daarvan droom om eendag bevry te word van slawerny en as volwaardige sirkus “Troupe” die wêreld vol te reis en gehore met hul talente betower. Ons is hierdie jaar besonders geseënd met die talentvolle kunstenaars waaruit ons die geselskap kon saamstel en in besonder die graad 12- groep van 2019. Hierdie groep het in die spore van hul voorgangers ontwikkel tot kunstenaars waarna elke voor- nemende deelnemer met trots kan opkyk. Graad 12’s, dit was vir ons ʼn voorreg om die afgelope 5 jaar die paadjie op die verhoog saam julle te stap en om te sien hoe julle letterlik voor ons oë ontwikkel het tot opregte verhoogsterre!
Die skool se twee kore het die afgelope drie jaar hulle mees suksesvolle tydperk sedert die vestiging van die eerste koor in 1997. 2019 begin soos gewoonlik met oudisies vir nuwe koorlede, ʼn oefen-naweek in Februarie en ‘n koorkamp wat deur die koorlede, soos gewoonlik, as “die lekkerste ooit” bestempel word. Die Skoolkoor skop die koorseisoen af met ʼn silwer-toekenning tydens die Pretoria Eisteddfod, maar proe sukses tydens kykNET se Sing in Harmonie Kompetisie waar hul aangewys word as episode wenner en deur dring na die finaal op 12 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City. Die meisieskoor behaal weer sukses op die hoogste vlak. Hul verwerf ʼn A+ simbool tydens die Pretoria Eisteddfod. Tydens die streeksfees van ATKV-Applous verwerf die koor ʼn Goue- toekenning. Vir die tweede keer in die koor se bestaan dring hulle deur na die nasionale finaal van die ATKV-Applous- kompetisie in Bloemfontein. Die meisies sing soos engele en behaal ʼn algehele tweede plek in Suid-Afrika. Hulle volg ook in die skoolkoor se voetspore deur ook hulle episode van Sing in Harmonie te wen en dan die finaal deur dring. Tydens die Tres Scholarum-aand kry albei kore die geleentheid om op te tree en neem ook aan die begin en einde van die aand deel aan die massakoor en –orkes items deel, waar die orkeste en kore van Hoërskool Garsfontein, Waterkloof en Menlopark ʼn gesamentlike item gelewer het.

MUSIEKAKADEMIE

Sodoende is daar hierdie jaar weereens besluit tussen Werner en sy kollegas, Christi Jackson (sang) en Bea Fourie (klavier) om die studente ’n geleentheid te bied om deel te wees van ’n fondsinsameling optrede by die Rockwoodteater in Parkview. Die opvoering se naam was “One Hit Wonders” en die studente kry die geleentheid om saam met professionele musikante op te tree. Liedjies soos “The Final Countdown”, “Take On Me”, “Walking On Sunshine” en vele meer, is opgevoer. Die stu- dente het nie net die geleentheid gekry om te sing, speel en deel te wees van die orkes nie, maar hulle was almal ook deel van die fondsinsamelings projek vir die ‘Potato Foundation’.

SKEP DIT-AAND

Hierdie jaarlikse geleentheid gee aan ons skrywers, kompo- niste en choreograwe die geleentheid om hulle skepping met die mense om hulle te deel.

GARSIE DRUMLINE

Garsie-Drumline bestaan uit 16 lede, van graad 8 tot 12. Die tromspelers maak gebruik van 7 snaartromme, 3 tom-toms, 3 bastromme, 2 multi-tom-toms en simbale.

CULTURE VULTURE KUNSTE- EN KULTUURWEEK

Die jaarlikse Hoërskool Garsfontein Kunste- en Kultuurweek trek in 2019 ʼn nuwe baadjie aan as die “ Culture Vulture- Kunsteweek” en bereik ‘n hoogtepunt op Saterdag 31 Augustus, met die week se Culture Vulture-Uitnodigingsaand in die Atterburyteater. Die gehoor was bederf met optredes in dans, sang, instrumentaal en drama. Die deelnemers wissel van nuwelinge tot die ervare matrikulante. Die Garsie-Drumline en die GarsieDansCrew lewer ook eerste klas vertonings. Hierdie week bou voort op die strewe na die ontwikkeling van die talent by die skool en die fokus daarop om optree- geleentheid aan leerders te gee in ‘n drukvrye omgewing.

TRES SCHOLARUM

DEBAT

Tres Scholarum is ‘n prestige-kultuurgeleentheid waar Hoërskool Garsfontein, Die Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof hande vat om die kultuur en kunste van ons drie skole saam op een verhoog te laat skitter. Elke skool kry ongeveer 20 minute op die verhoog om die karakter van hul kultuur by die skool ten toon te stel. Die aand word afgesluit met ‘n massa-orkesitem, waar ons leerders wat instrumente bespeel aansluit by die orkeste van die ander twee skole, asook ‘n massa-kooritem, waar albei ons kore betrokke sal wees. Daar was nagenoeg 200 van ons skool se kultuursterre betrokke.

AKTIWITEITE

Tshwane Kunstefees Me A van Tonder Vuvamation Me A van Tonder Pretoria News and Ad Kompetisie Me A van Tonder Kunsvlyt Me J Smith
Eistedfodd Me M Cloete Debat Me H Kruger Skryfkompetisie Me J de Bruyn Radikale Redenaars Me S Alers ATKV Spelkompetisie Me M Kieser Public Speaking Me C Smith

UITVOERENDE KUNSTE

Toneel Me M Cloete Koor Mnr H Davel “Skep dit!”–aand Me M Cloete Musiekblyspel Mnr H Davel Kunstefees Mnr H Davel Mnr. en Mej. Garsie Me S Vermeulen Dans Crew Me S vd Merwe

VAKVERWANTE AKTIWITEITE

SKEPPENDE KUNSTE

Die GarsieDansCrew bestaan uit 19 talentvolle en energieke dansers wat twee keer ‘n week oefen. Met ‘n tikkie glans en diverse style, streef die dansers na perfeksie en uitnemend- heid. Ons dansers word aangemoedig om in verskeie dans- style te dans, om hul sodoende aan ʼn verskeidenheid style bekend te stel en te ontwikkel. Die Garsie DansCrew het hierdie jaar by verskeie geleenthede opgetree, onder andere tydens die Mnr & Mej Garsie kompetisie, Opedag, “Garsie Culture Vulture uitnodigingsaand” en die hoogtepunt van die jaar was ons optrede by die “Tshwane Youth Arts Festival”. Ons beoog om volgende jaar deel te neem aan verskeie danskompetisies, sodat ons die Ddnsers geleenthede kan bied waar hulle hul passie kan uitleef. Ons verwelkom vir Me S van der Merwe as die nuwe afrigter vanaf 2021.

KOORLEIERS 2021

PERSONEEL

KOOR