Kultuur

Kultuursamestelling

Met ons diverse kultuurprogram is daar vir elke deelnemende individu ‘n geleentheid om holisties te ontwikkel en om waardering vir die kunste te kweek. Die kultuurraamwerk van Hoërskool Garsfontein bestaan primêr uit die volgende drie komponente:

Met kundige personeel en moderne fasiliteite sal elke deelnemende individu by die onderskeie aktiwiteite baat. Geen agtergrond kennis of opleiding is noodwendig ‘n
vereiste om aan enige van die gelyste aktiwiteite deel te neem nie. Jaarliks groei onderstaande aktiwiteite eksponensieel vanweë die populariteit daarvan:

  • Koor
  • Acapella Serenade
  • Orkes
  • Marimba-ensemble
  • Drumline-ensemble
  • Tienertoneel
  • Produksie
  • Musiekblyspel
  • Dans crew
  • Musiekakademie
  • Eisteddfod

Die Beeldende kunste-afdeling van Hoërskool Garsfontein vind plaas in noue samewerking met die Visuele en Ontwerp vakgebiede van die Kunsdepartement.
Verder is die beeldende kunste ‘n gedistengeerde komponent van die kultuurraamwerk. Elke talentvolle deelnemer word aangemoedig om ten volle uiting te gee aan sy/haar kreatiwiteit. Aktiwiteite wat aangebied word sluit onder andere in:

  • Vuvumation,
  • Kunsuitstallings,
  • Eisteddfod en,
  • Kunsmuur

Die vakverwante afdeling van kultuur behels aktiwiteite met ‘n sterk akademiese konnotasie en inslag. Hierdie aktiwiteite vereis ‘n sterk intellektuele en akademiese
ingesteldheid en word gereken as spesialisaktiwiteite:

  • FAK-ekspo,
  • Poort-skryfkompetisie,
  • Redenaar,
  • Spanredenaars,
  • Public speaking,
  • Team orators,
  • Debat en,
  • Eisteddfod

Vanaf 2024 word musiek as byvak aangebied wat dienooreenkomstig deel vorm van die akademiese kurrikulum . Kontak gerus die kultuurkantoor vir meer inligting.

 

0
    0
    Inkopietrollie
    Jou inkopietrollie is leegGaan terug na die winkel
    Scroll to Top