Musiekakademie
Garsie musiek akademie
Die jongste juweel in die kroon van Hoërskool Garsfontein se kultuurdepartement. Die musiekakademie verskaf onderrig en opleiding in die volgende areas nl.:
Klawerbord (beginners) | Viool |
Kitaar | Fluit |
Sang | Klavier |
Tjello | Perkussie |
Musiekteorie | Musiek Geskiedenis |
Die musiekakademie bied ‘n verkskeidenheid van instrumente te huur veral vir beginnerstudente wat musiekonderrig en -opleiding wil opneem.
Verder, is die huidige opsie- en prysstrukturering as volg:
OPSIE 1
- Klawerbord (groepsverband) – R 250 per les van 45 minute.
- Let dat hierdie opsie is hoofsaaklik vir beginners wat later wil spesialiseer.
OPSIE 2
- Klavier (individueel) – R 330 per les van 45 minute vir leerders gegradeer Graad 3 – 5.
- Klavier (individueel) – R 350 per les van 45 minute vir leerders gegradeer Graad 6 – 8.
OPSIE 3
- Kitaar (individueel) – R 300 per les van 45 minute.
OPSIE 4
- Viool Graad 1 – 3 (individueel) – R 300 per les van 45 minute.
- Viool Graad 4 – 8 (individueel) – R 350 per les van 45 minute.
OPSIE 5
- Sang (individueel) – R 300 per les van 45 minute vir leerders gegradeer Graad 1 – 4.
- Sang (individueel) – R 350 per les van 45 minute vir leerders gegradeer Graad 5 – 8.
OPSIE 6
- Perkussie (dromlesse).
- R300 per les van 45 minute.
OPSIE 7
- Musiekteorie en -geskiedenis (groepsverband / individueel) – R70 per les van 30 minute vir leerders gegradeer Graad 1 – 2.
- Musiekteorie en -geskiedenis (groepsverband / individueel) – R70 per les van 30 minute vir leerders gegradeer Graad 3 – 4.
- Musiekteorie en -geskiedenis (groepsverband / individueel) – R70 per les van 30 minute vir leerders gegradeer Graad 5 +.
Meer as een opsie is verkiesbaar, maar is onderhewig aan faktore soos klasgroottes, beskikbaarheid van oefenlokale en programuitleg. ‘n Jaarlikse registrasiefooi per student is aan die begin van die jaar betaalbaar. Die maandelikse fooie is vir elke betrokke individu se rekening. Fakture sal maandeliks aan ouers uitgereik word soos deur die kontraktuele ooreenkoms gestipuleer. Kontak gerus die kultuurkantoor vir meer inligting.
Musiek as 'n vak
Vanaf 2024 word musiek as byvak aangebied wat dienooreenkomstig deel vorm van die akademiese kurrikulum. Kontak gerus die kultuurkantoor vir meer inligting.