Atletiek

Atletiek

Atletiek deelname word gemotiveer deur elke atleet geleentheid te gee om sy of haar maksimum potensiaal te ontwikkel. Ons is as ‘n atletiekklub geaffilieer by Atletiek Gauteng Noord wat ons atlete in staat stel om aan die ASA atletiek kampioenskappe, landloopkampioenskappe enpadwedloopkampioenskappe deel te neem waar hul kan kwalifiseer om Suid Afrika op die  wêreldkampioenskappe te  verteenwoordig.

Om maksimale deelname geleentheid te bevorder begin die atletiekseisoen met ons Troffel uitdunne vir graad 8’s gevolg deur die Bere interhuis waar daar in 2024, 1024 inskrywings was. Daarna volg nog 2 vriendskaplike byeenkomste waar 4 atlete of meer per item kan deelneem. Vir ons top atlete wat 800 en meer punte op die ASA tabel behaal neem ons aan Curro TUT Top 14, Noordheuwel Top 15 en die landwye Curro Podium finale deel waar ons seuns konstant die afgelope 3 jaar onder die top 10 skole eindig. Ons Skole atletiek seisoen eindig met die NWU Pretoria A-bond interhoër waar ons sedert 1994 ononderbroke(30 jaar) deelneem as een van die die top 8 skole in Pretoria. Ons neem ook aan die NWU Super Interhoër A- afdeling sedert 2010 ononderbroke(14 jaar) deel bestaande uit al die skole streke Noordwes Noord, Limpopo, Gauteng Noord, Sentraal Gauteng, Mpumalanga en Sentraal Noordwes. 23 Atlete neem aan die ASA Gauteng-Noord kampioenskappe deel waarvan 15 (65%) in 2024 gekwalifiseer het vir die AGN atletiekspan na ASA Atletiekkampioenskappe.

Om konstant op die vlak te presteer beskik ons oor ‘n uitnemende span buite afrigters asook verskeie onderwys personeel afrigters wat het sy as atlete self of as nasionale afrigters, Suid Afrika op die Olimpiese Spele en Wêreldkampioenskappe verteenwoordig het. Verskeie van ons omliggende Laerskool voedingskole se atlete oefen reeds by die onderskeie afrigters.

Mnr. D. Saayman

Direkteur: Atletiek

atletiek@garsies.co.za

Prestasies

2022 – Nasionale Protea atlete na Afrika Senior Atletiekkampioenskap

  • Brian Raats: Hoogspring
  • Mia Janse van Rensburg: Hoogspring

2022 – Provinsiale atlete na ASA Junior Atletiekkampioenskap

  • Ulrich van Tonder, Yavé Collins, Marlene van der Linde, Dané Boshoff, Zenique Botes, Mia Janse van Rensburg, Chané Kok, Simoné Lourens, Brian Raats, Hanneleen Conradie, Dimar van der Linde

2022 – SA kampioene

  • Brian Raats: Hoogspring mans o/20
  • Mia Janse van Rensburg: Hoogspring vroue o/20

2022 Twizza Super Schools Athletics Series National

  • Top 10

2023 – Curro Podium Nasionaal

  • Top 8 seuns
  • Top 10

2023 – Nasionale Protea-atleet

  • Armandt van der Walt
  • Deelname aan Afrika Junior Atletiekkampioenskap en
  • Afrika silwer medalje wenner 200m
  • SA Junior kampioen 200m en SA senior kampioen 200m.

2023 – Provinsiale atlete na ASA-Junior Atletiekkampioenskap

  • Ulrich van Tonder: silwer in spiesgooi seuns o/18
  • Megan Maree: brons in 90 m hekkies dogters o/16

2023 – SA-Skole  Atletiekkampioenskap

  • Megan Maree: goud in die 90m hekkies dogters o/15
  • Ulrich van Tonder: silwer spiesgooi seuns o/15
  • Willie van Wyk: brons in die hoogspring seuns o/15

2023 – Wêreld Paralimpiese Atletiekkampioenskap vroue Diskusgooi F38

  • Simoné Kruger wen met ’n nuwe wêreldrekord van 38.10m

Afrigters

Direkteur: Dion Saayman
• 40 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 2 Afrigter
• Voormalige SA Landloopspan Afrigter
• 78 SA Kampioene
• 4 Tweekamp Wêreldkampioene
• 11 Nasionale Landloopatlete na Wêreldkampioenskappe
• 820 Provinsiale Atlete

Middelafstande / Landloop: Rynardt van Rensburg
• 11 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter
• SA Olimpiese 800m Atleet
• 26 Provinsiale Landloopatlete

Middelafstande / Landloop: Elouïse Dirkse van Schalkwyk
• 25 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Worpe – Spiesgooi: Tobie Holtzhausen
• 9 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 2 Afrigter
• 3 SA Rekordhouers
• 2 Nasionale (Proteas) Atlete
• 40 Provinsiale Atlete
• Verteenwoordig SA op Internasionale Vlak
• 19 Medaljes by ASA Kampioenskappe

Worpe – Gewigstoot/Diskus: Lezaan Cloete
• 8 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter
• Verteenwoordig SA op Internasionale Vlak
• 3 Jaar AGN-Span Afrigter

Worpe – Gewigstoot: Leon Raubenheimer
• 5 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Worpe – Diskusgooi: Pieter Pretorius
• 19 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Spronge – Verspring: Sarel Naudé
• 9 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Spronge – Verspring: Nika van Schalkwyk
• 31 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Hekkies: Nicole Ludorf
• 4 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Naellope/Hekkies: Adri Schoeman
• 25 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 3 Afrigter
• 9 Nasionale (Proteas) Atlete – 13 Internasionale medaljes
• SA Olimpiese Atleet
• Voormalige Afrigter – Olimpiese Groep
• 54 Medaljes by ASA Kampioenskappe
• 89 Provinsiale Medaljes

Naellope: Ohna Louw
• 1 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Spronge – Hoogspring: Eddie Grieb
• 8 jaar Afrigterservaring
• 9 AGN Kampioene
• 6 Gauteng Skole Kampioene
• 28 Provinsiale Atlete
• 4 Medaljes by ASA

Spronge – Hoogspring: Hannes Swart
• 12 jaar Afrigterservaring
• ASA Beampte
• ASA Vlak 1 Afrigter

Spronge – Hoogspring: Ivan Smith
• 1 jaar Afrigterservaring
• ASA Vlak 1 Afrigter

Garsies neem jaarliks deel aan die volgende byeenkomste:
Noordheuwel Top 15
Helpmekaar Kollege Goue Liga
Curro Podium – Streek en Nasionaal
Super Interhoër – Groep 1
Alle Provinsiale Byeenkomste

AMPTELIKE ATLETIEKDRAG VOORSIENER

https://www.chasesportswear.co.za/

0
    0
    Inkopietrollie
    Jou inkopietrollie is leegGaan terug na die winkel
    Scroll to Top