Gespesialiseerde Sport

Swem

Garsfontein neem jaarliks in die baie kompeterende A-liga swemgala deel, wat bestaan uit die top Engelse privaatskole en besonder sterk Afrikaanse swemskole. Daar vind jaarliks ’n uiters opwindende Bere-sweminterhuis plaas, om sodoende die beste moontlike swemspan saam te stel. Garsie-swemmers oefen hoofsaaklik by Royal Fins Hoë Prestasie Swemskool, waarvan ons deel vorm. Garsies presteer puik op die jaarlikse A-liga Interhoër wat by Hillcrest plaasvind. 15 van ons swemmers het verlede jaar medaljes  tydens die byeenkoms behaal.

Prestasies

NTS (National Training System) Level 2:

  • Liam Vasconcellos
  • Jesse Rowe
  • Zander von Graszouw

NTS (National Training System) Level 3:

  • Marcus de Bruyn
  • Lize Burness
  • Hannah Liebenberg
  • Tamryn Kunneke

SANJ (South Africa Junior Nationals):

  • Carmia Hartman
  • Nicola Hartman
  • Daniëlle Webster
  • Hein Dreyer

SANAT (South African National Aquatic Trial for Seniors):

  • Carmia Hartman
  • Nicola Hartman
  • Daniëlle Webster

SA-Skole kampioenskap:

Die volgende swemmers neem deel aan die proewe (Span nog nie aangekondig nie):

  • Tamryn Kunneke
  • Liam Vasconcellos
  • Marcus de Bruyn

SA-Toerspan na Italië wat aan die European Treviso Cup deelgeneem het:

  • Hein Dreyer
  • Nicola Hartman
  • Carmia Hartman
  • Daniëlle Webster
  • Meagan Webster
  • Liam Vasconcellos
  • Marcus de Bruyn

Ons topswemmers neem deur die jaar ook deel aan die Gauteng Kampioenskap en NTS-Level-byeenkomste. Gedurende die vierdie kwartaal neem ons skoolspan weekliks aan verskeie aflosbyeenkomste deel, wat leerders motiveer vir die galas wat gedurende Desember en Januarie plaasvind.

Garsies neem vir die agtste agtereenvolgende jaar in die A-liga interhoër deel.

Wolla PrinslooMarna Fischer
Organiseerder: Swem
Admin: Swem
wolla@garsies.co.za
marna@garsies.co.za
34
3
9
lara van niekerk_oudgarsie sa swemmer
21
12
19
24

Tennis

Prestasies

Kyle Erwee

  • TSA Nommer 1 in SA
  • SA-klere verwerf
  • GN nommer 1

Frederik Rheeder

  • TSA top 10 in SA
  • o/13 GN nommer 1
  • o/15 GN-span 2024 IPT (Inter Provinsiale Toernooi) wenners

Johan Coetzee

  • TSA top 10 in SA

Wilson Shield Sun City

  • Eerstespan seuns neem sedert 2019 deel
  • Wenners in 2020 en 2021
Arno ScholtzDawie Eybers
Organiseerder: Tennis
Direkteur: Tennis
arno@garsies.co.za
tennis@garsies.co.za
1
2
D-Saayman

Perdesport

Garsie-perderuiters neem trots en geesdriftig aan die jaarlikse SANESA skoue deel waar hulle elke jaar nuwe hoogtes bereik. Hierdie ruiters neem ook jaarliks aan Gauteng-Noord en SA-kampioenskappe deel. Hoërskool Garsfontein gee erkenning aan elke ruiter tydens Perdesport se jaarlikse afsluiting waar ruiters vereer word vir hul prestasies deur die jaar. Leerders ontvang kleure en erekleure. Die topruiter in elke afsonderlike dissipline ontvang ‘n wisseltrofee en daar word ook elke jaar ‘n ruiter van die jaar aangewys. Garsies word ook aangemoedig om gedurende die jaar aan ander ruitersport kompetisies deel te neem en ontvang ook erkenning wanneer hul presteer.

Prestasies

2023 – 2de in Gauteng.

Ilandi Koch ontvang provinsiale kleure en neem internasionaal deel in uithouritte, Hannah du Plessis word gekies vir die Suid-Afrikaanse o/25 dresseer-span, 21 leerders verteenwoordig Garsfontein tydens Nasionale kompetisie.

Adré du Plessis
Organiseerder: Perdesport
adre@garsies.co.za
d19d172f-7470-46f3-98e7-1491c716083e

Skyfskiet

Prestasies

Skyfskiet by Hoërskool Garsfontein het die afgelope vier jaar baie gegroei. In 2022 het Garsfontein 22 Noord-Gauteng skuts opgelewer. Carmie Griesel, ons eie SANSSU-skut, het in Engeland by die wêreldkampioenskap gaan skiet en ‘n eerste plek by die Junior Wêreldkampioenskap behaal. Johanrie Griesel het ‘n tweede plek by die Junior Wêreldkampioenskap behaal. In 2023 is daar weer 22 Noord-Gauteng skuts gelewer. Garsfontein se Johanrie en Carmie Griesel het weer aan die Wêreldkampioenskap deelgeneem en ‘n eerste en tweede plek in die BJI-kampioenskap behaal.

Johan de VaalSpan afrigter – Minette Griesel
Organiseerder: SkyfskietSpanbestuurder – Loumarie Rootman
johan@garsies.co.za 

Gholf

Die belangstelling in gholf het die afgelope twee jaar met rasse skrede gegroei. Graag wil ons aan elke leerder die geleentheid bied om sy/haar volle potensiaal te bereik, daarom skryf ons spanne in verskillende ligas in. Die belangstelling onder dogters het gegroei en ons mikpunt is om in 2024 ‘n dogterspan vir die liga in te skryf.

‘n Gholfontwikkelingspan is op die been gebring. Die skool maak gebruik van professionele afrigters, Nardus Broodryk en Thean Fourie van Wanne Be a Champion by Woodhill Gholfklub. Hierdie afrigtingsessies vind op Donderdae van 16:00 – 17:00 plaas.

Prestasies

Die skool het verskeie professionele gholfspelers opgelewer naamlik Stefan Wears-Taylor en Werner Deysel.

Karina Maré
Organiseerder: Gholf
karina@garsies.co.za
05591968-b631-4143-b2e9-5f3510b725a8
ac05970c-b454-45ea-8312-a6c25b1ec1f5
cc9743b5-7d1b-45e1-807e-fff6b1e3c187

Jukskei

Prestasies

Noordvaal kampioenskap

  • o/16 A Dogters wen in 2021 en 2022, naaswenners in 2023
  • o/16 A Seuns wen in 2023

Gauteng-Noord Junior Toernooi:

  • 9 leerders is in 2023 gekies as lede van die Gauteng-Noord-span:

Megan Jansen van Rensburg, Lynnay Smit, Abigail Laubscher, Louise Saunders, Laruchelle Erasmus, Corlia Saunders, Anja Pienaar, Zania de Villiers en Gerhardus Matthee.

  • SA-toerspanne: In 2023 is Lize-Marie Rheeder (o/19) en Louise Saunders (o/16) gekies om SA te verteenwoordig en deel te neem aan die toernooi wat in Namibië plaasgevind het.
  • In 2024 is Louise Sauders (o/16) en Zania de Villiers (o/19) gekies as lede van die SA-toerspan wat in Junie in Namibië gaan deelneem.
Dorene Myburgh
Organiseerder: Jukskei
dorene@garsies.co.za

Landloop

Prestasies

2021: Provinsiale atleet na ASA-landloopkampioenskap:

Nadia Potgieter

2022: Provinsiale atlete na ASA-landloopkampioenskap:

Elri Dirkse van Schalkwyk, Hanneleen Conradie, Mieke Wilhelm, Arné Robbertse, Helene Kruger, Jalita Delport, Izé Rautenbach, Marlien du Preez, Morné de Villiers, Nico de Villiers

2023: Provinsiale atlete na ASA-landloopkampioenskap:

Marlené Groenewald, Elri Dirkse van Schalkwyk, Hanneleen Conradie, Arné Robbertse, Marlene van der Linde, Mieke Wilhelm, Tihana Kotzé, Nico de Villiers

Dion Saayman
Organiseeerder: Landloop
atletiek@garsies.co.za

Sagtebal

Sagtebal by Hoërskool Garsfontein bly ’n geliefde sport wat jaarliks deur meer as 90 leerders beoefen word.

Dit gee ons die geleentheid om met A- en B-spanne kompeterende sagtebal te kan speel. Leerders kry geleentheid om nie net die spel te geniet nie, maar ook om hul vaardighede en spanwerk te bevorder en uit te bou.

Prestasies

2022 – o/19 A

  • Eindig tweede in liga.
  • Garsfontein lewer 10 Noord-Gauteng provinsiale spelers op vir 2023.

o/15

  • Mignon Blanché
  • Kaitlin Troskie                  

o/14

  • Danielle Grobbelaar 
  • Kiani Naudé     
  • Karla van Wyk                 

o/19

  • Ané Coetzee 
  • Emmeri Coetzee
  • Miné Kotzé 
  • Mirna Lombard                             
  • Luché Steyn                     
Ijan Louw
Organiseerder: Sagtebal
ijan@garsies.co.za
IMG_0151
fc88b51d-c6ca-435a-a0af-b3c08d220cb2
5

Skaak

Tineke Booysen rig die onderskeie skaakspanne af. Sy is ‘n ervare afrigter en lid van die SA-skaakspan wat al vir Suid-Afrika verteenwoordig het. Sy het ‘n passie vir skaak, is geduldig en wil graag haar liefde en kennis van skaak met ander deel. Afrigting vind elke Donderdagmiddag van 14:00-16:00 plaas.

Ons A-spanne neem deel aan die D4-skaakliga. Wedstryde word gedurende die tweede kwartaal op Donderdae gespeel. Drag is formele skooldrag.

By Garsie Skaak wil ons soveel moontlik spelers die geleentheid bied om in ‘n provinsiale skaakspan ingesluit te word. Daarom ondersteun en moedig ons spelers aan om aan kwalifiserende toernooie deel te neem, soos aangedui op die Tshwane-skaakkalender.

Prestasies

2020 – Die 1ste span behaal ‘n 2de plek by die SA-Skole skaaktoernooi.

2023 – o/15 A kwalifiseer om aan die Gauteng Uitspele deel te neem.

2019 – Conrad Rogge is deel van die SA-skaakspan wat Suid-Afrika in Indië verteenwoordig.

2019 – Cyle Nason is lid van die o/16 A-span wat Tshwane by die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap verteenwoordig.

Verskeie spelers word jaarliks opgeneem in die Tshwane skaakspanne.

Hesta Fourie
Organiseerder: Skaak
hesta@garsies.co.za

Bergfiets

Ons is trots om ons entoesiastiese en avontuurlustige Bergfietsryers, wat saam met ons die opwindende werêld van bergfietsry gaan verken,  te verwelkom. Hier by Hoërskool Garsfontein glo ons in die belangrikheid van ‘n gesonde en aktiewe leefstyl, en bergfiets as ‘n sport bied die perfekte geleentheid vir leerders om hierdie passie te deel. Ons bied ‘n veilige en ondersteunende omgewing vir almal  wat hulself wil verbeter en uitdaag deur middel van bergfietsry. Ons span neem deel aan verskeie kompetisies waar ons die geleentheid kry om ons vaardighede te wys en ons skool met trots te verteenwoordig. 

Deur deel te wees van die Bergfietsspan verseker jy ‘n gemeenskap van vriendskap en ondersteuning. Ons geniet gereelde saamry geleenthede en sosiale byeenkomste, waar ons saamkom om ons liefde vir bergfietsry te vier en mekaar aan te moedig. Dit is ‘n geleentheid om nuwe vriende te maak en saam met medeleerders die opwinding van die natuur en die avontuur van bergfietsry te deel. 

Ons sien daarna uit om saam met jou die paaie te trotseer, die hoogtes te oorwin en die avontuur van bergfietsry te geniet. Sluit aan by Hoërskool Garsfontein se Bergfietsspan en ontdek die vreugde van hierdie opwindende sport.  

Prestasies

  • Algeheel 6de uit 65 skole by 2023 Cycle Lab MTB-reeks 
  • Seuns- en dogtersspan kwalifiseer vir die MTB-Nationals
  • Twee leerders gekies vir die Gautengspan en beide behaal ‘n 16de plek in die finaal
  • In 2023 het ons leerdergetalle gegroei tot 60 ryers

Inligting

  • Bergfiets se seisoen strek oor die hele jaar 
  • Die Bergfietssspan word afgerig deur ‘n professionele afrigter, Bertus Mouton, en word bygestaan deur ‘n span entoesiastiese onderwysers. 
  • Bergfiets is ‘n individuele sport en leerders moet ‘n groot deel op hulle eie oefen. Daarom is ouers se ondersteuning by oefeninge en wedrenne nodig.
  • Bestaande leerders betaal ‘n jaarfooi van R800 vir 2024 en dit sluit dan in ‘n Bike pass,‘n nuwe paar kouse en vyf betaalde Cycle Lab-byeenkomste in.
  • Nuwe leerders betaal ‘n jaarfooi van R1200 vir 2024 en dit sluit ‘n fietrsy hemp, Bike pass, ‘n paar kouse en vyf betaalde Cycle Lab-byeenkomste in.
Lariska Bekker
Organiseerder: Bergfiets
lariska@garsies.co.za
0
    0
    Inkopietrollie
    Jou inkopietrollie is leegGaan terug na die winkel
    Scroll to Top