Garsies

Hoërskool Garsfontein

Hokkie

Dogtershokkie

Ons filosofie is om dogters die geleentheid te bied om hulle volle potensiaal te bereik deur aan die beste ligas, kompetisies en toernooie in die land deel te neem deur middel van topgehalte afrigting, fasiliteite en lewensvaardigheidontwikkeling.

Prestasies

  • Algeheel 4de op SA-Skole ranglys in 2023
  • o/14 A, o/16 A & 1stes kwalifiseer vir SA Top 12 in 2023 waar alle spanne onder die top 10 eindig
  • Lewer 8 SA-skolespelers tussen 2017 en 2023
  • Lewer 25 provinsiale- en 2 SA-skolespelers (Lize-Mari Claassens & Andrea Groenewald) in 2023
  • 4 Provinsiale hoofafrigters en 2 huidige SA-spelers (Celia Seerane & Kriekie van Wyk) as deel van die skool se afrigtingsspan.
  • Noordvaal wenners in 2012, 2013, 2018 en algehele wenners in 2018

Deelname

  • Pretoria G1 liga
  • St Mary’s 1st Team Festival
  • St Stithians Easter 1st Team Festival
  • Bloemhof Fairtree u/16 Tournament
  • St Andrew’s u/16 Festival
  • St John’s u/14 Festival
  • Bloemfontein Derby teen Oranje & Eunice
  • Noordvaal
  • SA Top Schools

Ons program sluit in: hokkie-akademie, video- en prestasie-ontleding, kondisioneringspesialiste, doelwagter afrigting, “dragflick” en spesialisvaardigheidsafrigting asook ons “GarsieCubs” laerskole akademie. Vir meer inligting rondom die “GarsieCubs” laerskole akademie, volg die skakel:

Me. C. Jonsson

Direkteur: Dogtershokkie

dogtershokkie@garsies.co.za

Seunshokkie

Ons filosofie is om ’n goeie kultuur, wat op dissipline, respek, samewerking en ondersteuning fokus, by ons seuns te vestig. Ons motiveer hulle om te streef na die hoogste en om vir hulle die geleenthede en ondersteuning te bied om dit te bereik. Ons bereik sinergie deur ons afrigters en oefenprogramme te belyn. Met topgehalte afrigting en –fasiliteite en ons missie om lewensvaardighede onder ons spelers te ontwikkel, bied ons ‘n onoortreflike hokkieprogram.

Prestasies

  • Pretoriabeker wenners vir 3 jaar in ‘n ry
  • 16 Provinsiale Spelers in 2023.
  • Van al die Afrikaanse skole in Noord-Gauteng het Garsies die grootste verteenwoordiging in provinsiale spanne

Ranglys 2023

  • Algeheel 11de op die SA-Skoleranglys
  • o/16 A-span is eerste op die SA-Skoleranglys
  • 1 SA-skolespeler in 2023: Luken Brunette
  • 2 PSI All Star binnehuise-hokkiespelers in 2023: Luken Brunette en Duardt Tollig
  • 2 Provinsiale hoofafrigters: Rihann van der Merwe en Steven Paulo
  • 2 huidige SA-spelers as deel van die afrigitngspan: Sihle Ngubane en Steven Paulo

Toernooie en Kompetisies

  • Pretoria Cup
  • Coastals Cup in Kwazulu-Natal
  • Hibbert Shield in Port Elizabeth
  • Hockey 5’s toernooi by Kearsney College

Ons program sluit ‘n hokkie-akademie, voltydse video- en prestasieontleder, kondisioneringspesialiste, doelwagter-georiënteerde afrigting, “drag-flick” en spesialisvaardigheidsafrigting in, asook ons “GarsieCubs” laerskole akademie. Vir meer inligting rondom die “GarsieCubs” laerskole akademie, volg die skakel:

Steven Paulo

Direkteur: Seunshokkie

seunshokkie@garsies.co.za

AMPTELIKE HOKKIEDRAG VOORSIENER

https://www.chasesportswear.co.za/

0
    0
    Inkopietrollie
    Jou inkopietrollie is leegGaan terug na die winkel
    ×
    ×

    Cart