Netbal bied kwaliteit afrigting, motivering en deelname. By Garsie-netbal is elke individu vir ons belangrik.
18 SPANNE; EEN HARTKLOP
Ons speel jaarliks met 18 spanne in die kompeterende Jubilee-liga waaraan van die topnetbalskole in Pretoria deelneem. Ons lewer jaarliks Gauteng-spelers op wat op nasionale vlak deelneem.
Ons spog ook met Anrike Combrink en Mariné Lourens wat in 2022 gekies is vir die SA-oefengroepe vir o/18 en o/17 onderskeidelik.
Ons spog met ‘n ervare en bekwame afrigtingspan met ervaring op provinsiale en nasionale vlak.
Prestasies
Gauteng kampioene in 2022, asook naaswenners by die SA-Kampioenskap;
Ons spog met ‘n ervare en bekwame afrigtingspan met provinsiale en nasionale ervaring:
Carin Strauss: SA-Protea en SA o/21 afrigter
Lené Myburgh: Tshwane o/19 afrigter en tans ‘n NSA ‘A’-skeidsregter
Ohna Louw: SA-Skolespeler
Annelize Smith: SA-Skole o/17- en o/18-afrigter
Susan Forssman: Provinsiale afrigter
Theresa Pretorius: Provinsiale afrigter
Marishea van
Niekerk: Gauteng Skole-speler
Danielle Coetzer: Gauteng Skole-speler
Eerste span eindig in 2017, 2021 en 2022 in die Top 5 skole in Suid-Afrika
Eerste span neem jaarliks deel aan die gesogte Wildeklawer netbaltoernooi waaraan die top 20 netbalskole in Suid-Afrika deelneem.
Voordat die Noordvaalkompetisie in 2010 gestaak is, het Garsies verskeie jare die kompetisie gewen: