Interhuis 2026

Wat ’n elektriese Interhuis.🔥

Die stryd om die geesbeker was uiters mededingend, met elke span wat hul alles gegee het — en ons dirigente het beslis nie teleurgestel nie. Die energie en samehorigheid was iets besonders om te sien.

Interhuis was nie nét oor gees nie. Ons atlete het ook met trots en toewyding deelgeneem, en die talent wat na vore gekom het, belowe baie vir die seisoen wat voorlê.

Ons sien uit om te sien hoe ver hierdie Garsies in die komende byeenkomste gaan vorder.

Dít is Garsie-trots. 💙

Hou ons sosiale media dop vir ‘n video waarin ons graag met julle nog meer van die dag gaan deel.

Inkopiemandjie
Scroll to Top