Gespesialiseerde Sport
Bergfiets
Lariska Bekker | Organiseerder: Bergfiets | lariska@garsies.co.za
Ons is trots om ons entoesiastiese en avontuurlustige Bergfietsryers, wat saam met ons die opwindende werêld van bergfietsry gaan verken, te verwelkom. Hier by Hoërskool Garsfontein glo ons in die belangrikheid van ‘n gesonde en aktiewe leefstyl, en bergfiets as ‘n sport bied die perfekte geleentheid vir leerders om hierdie passie te deel. Ons bied ‘n veilige en ondersteunende omgewing vir almal wat hulself wil verbeter en uitdaag deur middel van bergfietsry. Ons span neem deel aan verskeie kompetisies waar ons die geleentheid kry om ons vaardighede te wys en ons skool met trots te verteenwoordig.
Deur deel te wees van die Bergfietsspan verseker jy ‘n gemeenskap van vriendskap en ondersteuning. Ons geniet gereelde saamry geleenthede en sosiale byeenkomste, waar ons saamkom om ons liefde vir bergfietsry te vier en mekaar aan te moedig. Dit is ‘n geleentheid om nuwe vriende te maak en saam met medeleerders die opwinding van die natuur en die avontuur van bergfietsry te deel.
Ons sien daarna uit om saam met jou die paaie te trotseer, die hoogtes te oorwin en die avontuur van bergfietsry te geniet. Sluit aan by Hoërskool Garsfontein se Bergfietsspan en ontdek die vreugde van hierdie opwindende sport.
- Bergfiets se seisoen strek oor die hele jaar
- Die Bergfietssspan word afgerig deur ‘n professionele afrigter, Bertus Mouton, en word bygestaan deur ‘n span entoesiastiese onderwysers.
- Bergfiets is ‘n individuele sport en leerders moet ‘n groot deel op hulle eie oefen. Daarom is ouers se ondersteuning by oefeninge en wedrenne nodig.
- Bestaande leerders betaal ‘n jaarfooi van R800 vir 2024 en dit sluit dan in ‘n Bike pass,‘n nuwe paar kouse en vyf betaalde Cycle Lab-byeenkomste in.
- Nuwe leerders betaal ‘n jaarfooi van R1200 vir 2024 en dit sluit ‘n fietrsy hemp, Bike pass, ‘n paar kouse en vyf betaalde Cycle Lab-byeenkomste in.




Prestasies
| Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie | Jaar |
| MTB Prestasies | Cycle Lab MTB-reeks | 65 skole | Algeheel 6de plek | 2023 |
| MTB Prestasies | MTB Nationals | Seuns- en dogtersspan | Kwalifiseer vir Nationals | 2023 |
| MTB Prestasies | Gautengspan | Twee leerders gekies | Beide eindig 16de in die finaal | 2023 |
| MTB Prestasies | Leerderdeelname | MTB ryers | Groei tot 60 ryers | 2023 |
Gholf
Harriet du Toit | Organiseerder: Gholf | harriet@garsies.co.za
Die belangstelling in gholf het die afgelope twee jaar met rasse skrede gegroei. Graag wil ons aan elke leerder die geleentheid bied om sy/haar volle potensiaal te bereik, daarom skryf ons spanne in verskillende ligas in. Die belangstelling onder dogters het gegroei en ons mikpunt is om in 2024 ‘n dogterspan vir die liga in te skryf.
‘n Gholfontwikkelingspan is op die been gebring. Die skool maak gebruik van professionele afrigters, Nardus Broodryk en Thean Fourie van Wanne Be a Champion by Woodhill Gholfklub. Hierdie afrigtingsessies vind op Donderdae van 16:00 – 17:00 plaas.
Prestasies
Die skool het verskeie professionele gholfspelers opgelewer naamlik Stefan Wears-Taylor en Werner Deysel.






Jukskei
Dorene Myburgh | Organiseerder: Jukskei | dorene@garsies.co.za


| Jaar | Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie |
| 2021 | Noordvaal Kampioenskap | o/16 A Dogters | – | Wenners |
| 2022 | Noordvaal Kampioenskap | o/16 A Dogters | – | Wenners |
| 2023 | Noordvaal Kampioenskap | o/16 A Dogters | – | Naaswenners |
| 2023 | Noordvaal Kampioenskap | o/16 A Seuns | – | Wenners |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | 9 leerders gekies | Provinsiale verteenwoordiging |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | Megan Jansen van Rensburg | Gekies |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | Lynnay Smit | Gekies |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | Abigail Laubscher | Gekies |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | Louise Saunders | Gekies |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | Laruchelle Erasmus | Gekies |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | Corlia Saunders | Gekies |
| 2023 | Gauteng-Noord Junior Toernooi | Gauteng-Noord span | Anja Pienaar | Gekies |
| 2023 | Gau |
Landloop
Janita Eva | Organiseeerder: Landloop | atletiek@garsies.co.za






Prestasies
| Jaar | Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie |
| 2021 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Nadia Potgieter | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Elri Dirkse van Schalkwyk | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Hanneleen Conradie | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Mieke Wilhelm | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Arné Robbertse | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Helene Kruger | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Jalita Delport | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Izé Rautenbach | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Marlien du Preez | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Morné de Villiers | Provinsiale atleet |
| 2022 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Nico de Villiers | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Marlené Groenewald | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Elri Dirkse van Schalkwyk | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Hanneleen Conradie | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Arné Robbertse | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Marlene van der Linde | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Mieke Wilhelm | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Tihana Kotzé | Provinsiale atleet |
| 2023 | Landloop | ASA-landloopkampioenskap | Nico de Villiers | Provinsiale atleet |
Perdesport
Adré du Plessis | Organiseerder: Perdesport | adre@garsies.co.za
Garsie-perderuiters neem trots en geesdriftig aan die jaarlikse SANESA skoue deel waar hulle elke jaar nuwe hoogtes bereik. Hierdie ruiters neem ook jaarliks aan Gauteng-Noord en SA-kampioenskappe deel. Hoërskool Garsfontein gee erkenning aan elke ruiter tydens Perdesport se jaarlikse afsluiting waar ruiters vereer word vir hul prestasies deur die jaar. Leerders ontvang kleure en erekleure. Die topruiter in elke afsonderlike dissipline ontvang ‘n wisseltrofee en daar word ook elke jaar ‘n ruiter van die jaar aangewys. Garsies word ook aangemoedig om gedurende die jaar aan ander ruitersport kompetisies deel te neem en ontvang ook erkenning wanneer hul presteer.
Prestasies
| Jaar | Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie |
| 2023 | Perdesport | Gauteng Kompetisie | Garsfontein | 2de plek in Gauteng |
| 2023 | Perdesport | Uithouritte | Ilandi Koch | Ontvang provinsiale kleure & neem internasionaal deel |
| 2023 | Perdesport | Suid-Afrikaanse o/25 Dresseer-span | Hannah du Plessis | Gekies vir SA-span |
| 2023 | Perdesport | Nasionale Kompetisie | 21 leerders verteenwoordig Garsfontein | Nasionale deelname |





Sagtebal
Ijan Louw | Organiseerder: Sagtebal | ijan@garsies.co.za
Sagtebal by Hoërskool Garsfontein bly ’n geliefde sport wat jaarliks deur meer as 90 leerders beoefen word.
Dit gee ons die geleentheid om met A- en B-spanne kompeterende sagtebal te kan speel. Leerders kry geleentheid om nie net die spel te geniet nie, maar ook om hul vaardighede en spanwerk te bevorder en uit te bou.












Prestasies
| Jaar | Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie |
| 2022 | o/19 A | Liga | Garsfontein | Eindig tweede in liga |
| 2023 | Provinsiale spelers | Noord-Gauteng span | 10 spelers gekies | Provinsiale verteenwoordiging |
| 2023 | o/15 | Noord-Gauteng spelers | Mignon Blanché | Gekies |
| 2023 | o/15 | Noord-Gauteng spelers | Kaitlin Troskie | Gekies |
| 2023 | o/14 | Noord-Gauteng spelers | Danielle Grobbelaar | Gekies |
| 2023 | o/14 | Noord-Gauteng spelers | Kiani Naudé | Gekies |
| 2023 | o/14 | Noord-Gauteng spelers | Karla van Wyk | Gekies |
| 2023 | o/19 | Noord-Gauteng spelers | Ané Coetzee | Gekies |
| 2023 | o/19 | Noord-Gauteng spelers | Emmeri Coetzee | Gekies |
| 2023 | o/19 | Noord-Gauteng spelers | Miné Kotzé | Gekies |
| 2023 | o/19 | Noord-Gauteng spelers | Mirna Lombard | Gekies |
| 2023 | o/19 | Noord-Gauteng spelers | Luché Steyn | Gekies |
Skaak
Hesta Fourie | Organiseerder: Skaak | hesta@garsies.co.za
Tineke Booysen rig die onderskeie skaakspanne af. Sy is ‘n ervare afrigter en lid van die SA-skaakspan wat al vir Suid-Afrika verteenwoordig het. Sy het ‘n passie vir skaak, is geduldig en wil graag haar liefde en kennis van skaak met ander deel. Afrigting vind elke Donderdagmiddag van 14:00-16:00 plaas.
Ons A-spanne neem deel aan die D4-skaakliga. Wedstryde word gedurende die tweede kwartaal op Donderdae gespeel. Drag is formele skooldrag.
By Garsie Skaak wil ons soveel moontlik spelers die geleentheid bied om in ‘n provinsiale skaakspan ingesluit te word. Daarom ondersteun en moedig ons spelers aan om aan kwalifiserende toernooie deel te neem, soos aangedui op die Tshwane-skaakkalender.
Prestasies
| Jaar | Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie |
| 2020 | Skaak | SA-Skole Skaaktoernooi | 1ste span | 2de plek |
| 2023 | Skaak | Gauteng Uitspele | o/15 A span | Kwalifiseer vir uitspele |
| 2019 | Skaak | SA-Skaakspan | Conrad Rogge | Verteenwoordig Suid-Afrika in Indië |
| 2019 | Skaak | Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap | Cyle Nason & o/16 A-span | Verteenwoordig Tshwane |
| Jaarliks | Skaak | Tshwane skaakspanne | Verskeie spelers | Opgeneem in Tshwane-spanne |
Skyfskiet
Johan de Vaal | Organiseerder: Skyfskiet | johan@garsies.co.za
Skyfskiet is ’n gevestigde sportkode by Hoërskool Garsfontein wat fokus op die ontwikkeling van presisie, uiterste dissipline en die fynere tegnieke van teikenskiet, waar konsentrasie en statiese balans deurslaggewend is.
As ’n skool wat by beide SANSSU (South African National Schools Shooting Union) en SAARA (South African Air Rifle Association) geaffilieer is, bied ons leerders die geleentheid om hulself op alle vlakke – van interskool-ligas tot nasionale kampioenskappe – te bekwaam. Skyfskiet is ‘n dissipline waar skuts in onderskeie ouderdomsgroepe meeding in terme van akkuraatheid en tegniese vaardigheid. Dit is die ideale sport vir leerders wat hou van individuele uitdaging binne ’n ondersteunende spankonteks.
By Garsies streef ons daarna om ’n omgewing te skep waar elke skut hul volle potensiaal kan bereik en die skool met trots op nasionale vlak kan verteenwoordig.






Swem
Wolla Prinsloo | Organiseerder: Swem | wolla@garsies.co.za Marna Fischer | Admin: Swem | marna@garsies.co.za
Garsfontein neem jaarliks in die baie kompeterende A-liga swemgala deel, wat bestaan uit die top Engelse privaatskole en besonder sterk Afrikaanse swemskole. Daar vind jaarliks ’n uiters opwindende Bere-sweminterhuis plaas, om sodoende die beste moontlike swemspan saam te stel. Garsie-swemmers oefen hoofsaaklik by Royal Fins Hoë Prestasie Swemskool, waarvan ons deel vorm. Garsies presteer puik op die jaarlikse A-liga Interhoër wat by Hillcrest plaasvind. 15 van ons swemmers het verlede jaar medaljes tydens die byeenkoms behaal.
Ons topswemmers neem deur die jaar ook deel aan die Gauteng Kampioenskap en NTS-Level-byeenkomste. Gedurende die vierdie kwartaal neem ons skoolspan weekliks aan verskeie aflosbyeenkomste deel, wat leerders motiveer vir die galas wat gedurende Desember en Januarie plaasvind.
Garsies neem vir die agtste agtereenvolgende jaar in die A-liga interhoër deel.












Prestasies
| Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie | Jaar |
| NTS Level 2 | National Training System | Liam Vasconcellos | Gekies vir NTS Level 2 | – |
| NTS Level 2 | National Training System | Jesse Rowe | Gekies vir NTS Level 2 | – |
| NTS Level 2 | National Training System | Zander von Graszouw | Gekies vir NTS Level 2 | – |
| NTS Level 3 | National Training System | Marcus de Bruyn | Gekies vir NTS Level 3 | – |
| NTS Level 3 | National Training System | Lize Burness | Gekies vir NTS Level 3 | – |
| NTS Level 3 | National Training System | Hannah Liebenberg | Gekies vir NTS Level 3 | – |
| NTS Level 3 | National Training System | Tamryn Kunneke | Gekies vir NTS Level 3 | – |
| SANJ | South Africa Junior Nationals | Carmia Hartman | Deelname | – |
| SANJ | South Africa Junior Nationals | Nicola Hartman | Deelname | – |
| SANJ | South Africa Junior Nationals | Daniëlle Webster | Deelname | – |
| SANJ | South Africa Junior Nationals | Hein Dreyer | Deelname | – |
| SANAT | South African National Aquatic Trial for Seniors | Carmia Hartman | Deelname | – |
| SANAT | South African National Aquatic Trial for Seniors | Nicola Hartman | Deelname | – |
| SANAT | South African National Aquatic Trial for Seniors | Daniëlle Webster | Deelname | – |
| SA-Skole Kampioenskap | SA-Skole Proewe | Tamryn Kunneke | Neem deel aan proewe | – |
| SA-Skole Kampioenskap | SA-Skole Proewe | Liam Vasconcellos | Neem deel aan proewe | – |
| SA-Skole Kampioenskap | SA-Skole Proewe | Marcus de Bruyn | Neem deel aan proewe | – |
| SA-Toerspan | European Treviso Cup | Italië toer | Deelname aan SA-toerspan | – |
Tennis
Dawie Eybers | Direkteur: Tennis | tennis@garsies.co.za Mia-Leigh Cilliers | Organiseerder: Tennis | mia@garsies.co.za



| Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie | Jaar |
| Tennis Prestasies | TSA Ranglys | Kyle Erwee | TSA Nommer 1 in SA | – |
| Tennis Prestasies | SA Kleure | Kyle Erwee | Verwerf SA-klere | – |
| Tennis Prestasies | Gauteng-Noord Ranglys | Kyle Erwee | GN Nommer 1 | – |
| Tennis Prestasies | TSA Ranglys | Frederik Rheeder | TSA Top 10 in SA | – |
| Tennis Prestasies | Gauteng-Noord Ranglys | Frederik Rheeder | o/13 GN Nommer 1 | – |
| Tennis Prestasies | IPT Toernooi | o/15 GN-span | Wenners van IPT | 2024 |
| Tennis Prestasies | TSA Ranglys | Johan Coetzee | TSA Top 10 in SA | – |
| Tennis Toernooie | Wilson Shield Sun City | Eerstespan seuns | Neem sedert 2019 deel | 2019–hede |
| Tennis Toernooie | Wilson Shield Sun City | Eerstespan seuns | Wenners | 2020 |
| Tennis Toernooie | Wilson Shield Sun City | Eerstespan seuns | Wenners | 2021 |

