Koshuis
Agtergrond
Hoërskool Garsfontein bied aan leerders ’n wêreldklas opvoeding-, kultuur- en sportgeleentheid. As deel van die skool se strategie is daar besluit om ’n koshuis op die skoolterrein te bou. Die visie was om aan leerders die geleentheid te gee om deel te word van hierdie unieke ervaring. Die plan is tweeledig want hierdie ideaal gee ook gestalte aan die visie van ’n hoë prestasie omgewing, waar leerders geleentheid kry om in die hoogste ligas van sport en ook kultuur deel te neem.
Die koshuis trek leerders regoor die land en ook buurlande, wat enersyds die skool se strewe om die beste te wil wees versterk, en andersyds geleenthede gee aan leerders uit alle vlakke van die samelewing. Hierdie doelwit word weerspieël in die aard en wese van die koshuis waar leerders saamtrek en fokus op hoë prestasie. Op Januarie 2016 open die koshuis sy deure en die visie en missie vind dadelik aanklank. Die leerders in die koshuis het van die eerste dag naam gemaak, op alle gebiede van die skoollewe en presteer, nasionaal en ook internasionaal.
Die leerders in die koshuis presteer, maak impak en lewer volhoubare prestasies. Vandag staan die Garsfontein Koshuis as een van die steunpilare en boustene van Hoërskool Garsfontein
Visie
Hoërskool Garsfontein Koshuis streef daarna om ‘n uitnemende hoë prestasie tuiste vir doelgerigte, gemotiveerde talenvolle leerlinge wat ‘n gebalanseerde gesonde huislike omgewing nodig het om te kan ontwikkel, presteer en te leef.
Missie
Hoërskool Garsfontein voorsien ‘n dinamiese ondersteunende leeromgewing wat kennis, vaardigheid en karakter ontwikkel en streef na uitnemendheid vir alle leerders- selfs leerlinge uit die platteland en ander omgewings wat hierin wil deel.
Diensdoenende Personeel

Mnr. E. Rossouw
Hoof: Koshuis
koshuis@garsies.co.za

Mnr. I. Smit

Mnr. L. Raubenheimer

Me. M. du Plessis

Mnr. P. Mokobela

Mnr. R. van der Merwe

Mnr. S. Naude
Personeel

Fotos
















