Groot Sport
Atletiek
Me. Janita Eva | Direkteur: Atletiek | atletiek@garsies.co.za
Atletiek deelname word gemotiveer deur elke atleet geleentheid te gee om sy of haar maksimum potensiaal te ontwikkel. Ons is as ‘n atletiekklub geaffilieer by Atletiek Gauteng Noord wat ons atlete in staat stel om aan die ASA atletiek kampioenskappe, landloopkampioenskappe enpadwedloopkampioenskappe deel te neem waar hul kan kwalifiseer om Suid Afrika op die wêreldkampioenskappe te verteenwoordig.
Om maksimale deelname geleentheid te bevorder begin die atletiekseisoen met ons Troffel uitdunne vir graad 8’s gevolg deur die Bere interhuis waar daar in 2024, 1024 inskrywings was. Daarna volg nog 2 vriendskaplike byeenkomste waar 4 atlete of meer per item kan deelneem. Vir ons top atlete wat 800 en meer punte op die ASA tabel behaal neem ons aan Curro TUT Top 14, Noordheuwel Top 15 en die landwye Curro Podium finale deel waar ons seuns konstant die afgelope 3 jaar onder die top 10 skole eindig. Ons Skole atletiek seisoen eindig met die NWU Pretoria A-bond interhoër waar ons sedert 1994 ononderbroke(30 jaar) deelneem as een van die die top 8 skole in Pretoria. Ons neem ook aan die NWU Super Interhoër A- afdeling sedert 2010 ononderbroke(14 jaar) deel bestaande uit al die skole streke Noordwes Noord, Limpopo, Gauteng Noord, Sentraal Gauteng, Mpumalanga en Sentraal Noordwes. 23 Atlete neem aan die ASA Gauteng-Noord kampioenskappe deel waarvan 15 (65%) in 2024 gekwalifiseer het vir die AGN atletiekspan na ASA Atletiekkampioenskappe.
Om konstant op die vlak te presteer beskik ons oor ‘n uitnemende span buite afrigters asook verskeie onderwys personeel afrigters wat het sy as atlete self of as nasionale afrigters, Suid Afrika op die Olimpiese Spele en Wêreldkampioenskappe verteenwoordig het. Verskeie van ons omliggende Laerskool voedingskole se atlete oefen reeds by die onderskeie afrigters.





2022 – Nasionale Protea atlete na Afrika Senior Atletiekkampioenskap
- Brian Raats: Hoogspring
- Mia Janse van Rensburg: Hoogspring
2022 – Provinsiale atlete na ASA Junior Atletiekkampioenskap
- Ulrich van Tonder, Yavé Collins, Marlene van der Linde, Dané Boshoff, Zenique Botes, Mia Janse van Rensburg, Chané Kok, Simoné Lourens, Brian Raats, Hanneleen Conradie, Dimar van der Linde
2022 – SA kampioene
- Brian Raats: Hoogspring mans o/20
- Mia Janse van Rensburg: Hoogspring vroue o/20
2022 Twizza Super Schools Athletics Series National
- Top 10
2023 – Curro Podium Nasionaal
- Top 8 seuns
- Top 10
2023 – Nasionale Protea-atleet
- Armandt van der Walt
- Deelname aan Afrika Junior Atletiekkampioenskap en
- Afrika silwer medalje wenner 200m
- SA Junior kampioen 200m en SA senior kampioen 200m.
2023 – Provinsiale atlete na ASA-Junior Atletiekkampioenskap
- Ulrich van Tonder: silwer in spiesgooi seuns o/18
- Megan Maree: brons in 90 m hekkies dogters o/16
2023 – SA-Skole Atletiekkampioenskap
- Megan Maree: goud in die 90m hekkies dogters o/15
- Ulrich van Tonder: silwer spiesgooi seuns o/15
- Willie van Wyk: brons in die hoogspring seuns o/15
2023 – Wêreld Paralimpiese Atletiekkampioenskap vroue Diskusgooi F38
- Simoné Kruger wen met ’n nuwe wêreldrekord van 38.10m
Garsies neem jaarliks deel aan die volgende byeenkomste:
Pretoria Interhoër (A-bond)
Super Interhoër (A-bond)
Curro Podium Kampioenskap (Nasionaal)
Hoërskool Garsfontein (Abrie van Staden)
Helpmekaar Kollege (Goue-liga)
Alle provinsiale en nasionale byeenkomste
Hokkie Dogters
Me. C. Jonsson | Direkteur: Dogtershokkie | dogtershokkie@garsies.co.za
Ons filosofie is om dogters die geleentheid te bied om hulle volle potensiaal te bereik deur aan die beste ligas, kompetisies en toernooie in die land deel te neem deur middel van topgehalte afrigting, fasiliteite en lewensvaardigheidontwikkeling.
Prestasies
- Algeheel 4de op SA-Skole ranglys in 2023
- o/14 A, o/16 A & 1stes kwalifiseer vir SA Top 12 in 2023 waar alle spanne onder die top 10 eindig
- Lewer 8 SA-skolespelers tussen 2017 en 2023
- Lewer 25 provinsiale- en 2 SA-skolespelers (Lize-Mari Claassens & Andrea Groenewald) in 2023
- 4 Provinsiale hoofafrigters en 2 huidige SA-spelers (Celia Seerane & Kriekie van Wyk) as deel van die skool se afrigtingsspan.
- Noordvaal wenners in 2012, 2013, 2018 en algehele wenners in 2018
Deelname
- Pretoria G1 liga
- St Mary’s 1st Team Festival
- St Stithians Easter 1st Team Festival
- Bloemhof Fairtree u/16 Tournament
- St Andrew’s u/16 Festival
- St John’s u/14 Festival
- Bloemfontein Derby teen Oranje & Eunice
- Noordvaal
- SA Top Schools
Ons program sluit in: hokkie-akademie, video- en prestasie-ontleding, kondisioneringspesialiste, doelwagter afrigting, “dragflick” en spesialisvaardigheidsafrigting asook ons “GarsieCubs” laerskole akademie. Vir meer inligting rondom die “GarsieCubs” laerskole akademie, volg die skakel:






Hokkie Seuns
Me. C. Jonsson | Direkteur: Dogtershokkie | dogtershokkie@garsies.co.za
Ons filosofie is om ’n goeie kultuur, wat op dissipline, respek, samewerking en ondersteuning fokus, by ons seuns te vestig. Ons motiveer hulle om te streef na die hoogste en om vir hulle die geleenthede en ondersteuning te bied om dit te bereik. Ons bereik sinergie deur ons afrigters en oefenprogramme te belyn. Met topgehalte afrigting en –fasiliteite en ons missie om lewensvaardighede onder ons spelers te ontwikkel, bied ons ‘n onoortreflike hokkieprogram.
Prestasies
- Pretoriabeker wenners vir 3 jaar in ‘n ry
- 16 Provinsiale Spelers in 2023.
- Van al die Afrikaanse skole in Noord-Gauteng het Garsies die grootste verteenwoordiging in provinsiale spanne
Ranglys 2023
- Algeheel 11de op die SA-Skoleranglys
- o/16 A-span is eerste op die SA-Skoleranglys
- 1 SA-skolespeler in 2023: Luken Brunette
- 2 PSI All Star binnehuise-hokkiespelers in 2023: Luken Brunette en Duardt Tollig
- 2 Provinsiale hoofafrigters: Rihann van der Merwe en Steven Paulo
- 2 huidige SA-spelers as deel van die afrigitngspan: Sihle Ngubane en Steven Paulo
Toernooie en Kompetisies
- Pretoria Cup
- Coastals Cup in Kwazulu-Natal
- Hibbert Shield in Port Elizabeth
- Hockey 5’s toernooi by Kearsney College
Ons program sluit ‘n hokkie-akademie, voltydse video- en prestasieontleder, kondisioneringspesialiste, doelwagter-georiënteerde afrigting, “drag-flick” en spesialisvaardigheidsafrigting in, asook ons “GarsieCubs” laerskole akademie. Vir meer inligting rondom die “GarsieCubs” laerskole akademie, volg die skakel:







Krieket
Mnr. E. Dorey | Direkteur: Krieket | krieket@garsies.co.za
SA-spelers
- Simoné Lourens: SA o/19 Vroue Wêreldbeker.
- Janicke Jansen van Rensburg: SA o/19 T20 vrouespan.
Oud-spelers
- Beyers Swanepoel – SA A, Warriors Cricket, Sunrisers Eastern Cape SA T20.
Provinsiale spelers
- Dumisani Motswhene en Mohammad Aslam – Titans o/19
- Nayleo Sanna, Ettienne du Toit – Titans o/17
- Xander Venter, Logan Weetman, Ekchard Struwig – Titans o/16
- Simoné Lourens en Janicke Jansen van Rensburg – Titans o/19
- Simoné Lourens – Titans Senior vrouespan









Titans A-bond liga
2023 1ste span – Naaswenners
Noordvaal
- 1ste span – Naaswenners 2022 en semi-finaliste 2023
- o/15A span – Wenners 2022 en 2023
IXU Liga
2de span – Naaswenners 2022 en wenners 2023
LIGAS EN TOERNOOIE
- Titans A-bond en Noordvaal
IXU-Liga
- Titans Bash
Toere en feestoernooie
- Engeland
- Sri-Lanka
- Indië
- Paarl Boys Krieketfees
- Merensky Krieketweek
- Ben Vorster Krieketweek
- Potchefstroom toer
- PUK Krieketweek
- Spanbou Penryn Cricket Festival.
Plaatfinaal wenners (TH-liga)
- 1C Garsie Ysbere
Netbal
Me. C. Strauss | Direkteur: Netbal | netbal@garsies.co.za
Netbal bied kwaliteit afrigting, motivering en deelname. By Garsie-netbal is elke individu vir ons belangrik.
18 SPANNE; EEN HARTKLOP
Ons speel jaarliks met 18 spanne in die kompeterende Jubilee-liga waaraan van die topnetbalskole in Pretoria deelneem. Ons lewer jaarliks Gauteng-spelers op wat op nasionale vlak deelneem.
Ons spog ook met Anrike Combrink en Mariné Lourens wat in 2022 gekies is vir die SA-oefengroepe vir o/18 en o/17 onderskeidelik.
Ons spog met ‘n ervare en bekwame afrigtingspan met ervaring op provinsiale en nasionale vlak.
Prestasies
Gauteng kampioene in 2022, asook naaswenners by die SA-Kampioenskap;
Ons spog met ‘n ervare en bekwame afrigtingspan met provinsiale en nasionale ervaring:
- Carin Strauss: SA-Protea en SA o/21 afrigter
- Lené Myburgh: Tshwane o/19 afrigter en tans ‘n NSA ‘A’-skeidsregter
- Ohna Louw: SA-Skolespeler
- Annelize Smith: SA-Skole o/17- en o/18-afrigter
- Susan Forssman: Provinsiale afrigter
- Theresa Pretorius: Provinsiale afrigter
- Marishea van
- Niekerk: Gauteng Skole-speler
- Danielle Coetzer: Gauteng Skole-speler
Eerste span eindig in 2017, 2021 en 2022 in die Top 5 skole in Suid-Afrika
Eerste span neem jaarliks deel aan die gesogte Wildeklawer netbaltoernooi waaraan die top 20 netbalskole in Suid-Afrika deelneem.
Voordat die Noordvaalkompetisie in 2010 gestaak is, het Garsies verskeie jare die kompetisie gewen:
- 1994 – o/15 A
- 1994 – o/16 A
- 1998 – o/15 A















Rugby
Mnr. S. Booysen | Direkteur: Rugby | rugby@garsies.co.za | Mnr. G. Theunissen | Hoof: Beurse en fondswerwing | gustav@garsies.co.za
Die Bere speel elke jaar teen toprugbyskole soos Paarl Boys’ High, Grey Bloem, Affies, Monument, Outeniqua en Oakdale. Deelname is prioriteit. Rugbyklinieke en -toernooie word gereeld bygewoon en as gevolg van die strawwe kompetisie, vorm die Bere gereeld die ruggraat van die Bulle-skolespanne. Die Bere speel in toptoernooie soos Noord-Suid, Kwaggaweek en Wildeklawer.
Die Bere is in die bevoorregte posisie dat hul oor topspelers en -afrigters beskik. Afrigters wat tans deel is van die Bere se afrigtingspan is: Morné Steyn, Jaco Kriel, Johan du Plessis en Andries Coetzee. Daar is ook twee Bere-afrigters wat tans deel is van die Bulle-skolespanne, Sylvester Booysen (o/18) en Jaco van Zyl (o/16). Ons kondisionering word vanuit ons puik toegeruste Hoë Prestasie Sentrum bestuur deur Armand Olivier en Lezanne Vermaak.
Ons glo dat elke seun wat by die Bere speel die beste moontlike afrigting en geleenthede moet kry. Daar is tans vier spanne per ouderdom en ons getalle groei jaarliks. Elke span het genoeg wedstryde en afrigters om elke seun se droom te bewaarheid. Die eerste tot derde span en A- en B-spanne toer in 2024. Garsies fokus nie net op die A-span seuns nie, maar die hele skool se seuns wat speel.












Prestasies
- 2014 – Naaswenners van Beeld-trofee
- 2015 – Wenners van Beeld-trofee
- 2016 – Wenners van Virsekerbeker
- 2023 – Wenners van SDC Cup
Springbok: Embrose Papier
Blitzbok: Shaun Williams
Provinsiale spelers: Meer as 70 spelers is die afgelope vyf jaar vir provinsiale spanne gekies.
Cravenweek Spelers 2023
Akademiese Spelers 2023
SA 7’s Spelers 2023
Ranglys
2022 – 1ste span is vyfde op SA-Skolerugby ranglys
2023 – 1ste span is tweede op die SA-Skolerugby ranglys en vyfde op die wêreldranglys.