Skaak Prestasies

Garsies maak hul merk op die skaakbord!

Gedurende die Desembervakansie het verskeie Garsies aan provinsiale skaaktoernooie deelgeneem en uitstekend presteer.

Amber Viljoen het vir Tshwane se o/18 B-dogtersspan op bord 1 gespeel en die A-span se nommer 1 speler geklop.

Cyle Nason was deel van Tshwane se o/18 C-span wat silwer gewen het, en hy het ook ’n bordprys ontvang.

Anneke de Jager het in die dogters o/16 C-span gespeel.

Nuwe Garsies het ook hul staal gewys:

Konrad de Jager (o/14 D-span) en Alexia Jansen het aan die Mzanzi toernooi in Port Elizabeth deelgeneem. Haar span het 2de geeindig, met ’n algehele 4de plek vir haar.

Al vyf spelers het Gauteng Noord-kleure verwerf!

Ons is besonder trots op Amber Viljoen wat ingesluit is in die 2026 SA Junior Closed span.

Inkopiemandjie
Scroll to Top