Garsfontein 1C Ysbere behaal ’n uitstekende oorwinning teen Overkruin 1B.
Wedstrydopsomming:
Overkruin 1B: 93 lopies vir 10 in 22 beurte
Garsie 1C: 94 lopies vir 1 paaltjie in 9 beurte.
𝑼𝑰𝑺𝑻𝑨𝑨𝑵𝑫𝑬 𝑷𝑹𝑬𝑺𝑻𝑨𝑺𝑰𝑬𝑺:
Liam Lightfoot: 55 lopies van net 27 balle.
Ons spog ook graag met ons 14/A Ysbere Kaptein, Diederick van Emmenes, wat gister teen Midstream College die eerste 100 tal van die seisoen geslaan het. Hy teken 105 lopies aan van 108 balle.
Ons is baie trots op die Ysbere wat keer na keer uitsonderlike prestasies behaal.



