Die Garsies Skyfskiet-opedag het op Saterdag, 7 Februarie plaasgevind. Altesaam 59 potensiële skuts het hul slag op Garsies se eie skietbaan kom probeer, waar beide geweer- en pistoolskiet op die proef gestel is.
Onder die kundige leiding van ons spanleiers – Senior kaptein, Liam Rootman en kapteine, Lariska Bouwer, sowel as Junior kaptein Wilro van Heerden en kapteine Zunica Venter – het die nuwelinge in verskillende sessies gepoog om hul merk op die teikens te maak.
Dit was ‘n hoogs suksesvolle dag en die proewe vir die amptelike span is reeds in volle swang.
Intussen het ons huidige skuts nie stilgesit nie; hulle het reeds op Saterdag, 14 Februarie aan die SANSSU Noord-Gauteng Liga 1 by die Eeufeesbaan deelgeneem waar ons Garsies 1ste plekke in al 3 ouderdomgroepe geneem het.





