Ons is ongelooflik trots op Mialiez Badenhorst (‘n Graad-10 Garsie leerder) wat deel is van die Synchro-span, Team Illusion, wat gekies is om Suid-Afrika en die Gauteng North Figure Skating Association te verteenwoordig by die gesogte Internasionale Riga Amber Cup 2026 in Latvia.
Maande se harde werk en lang ure se toewyding is beloon met ’n uitstekende 4de plek in die kompetisie.
’n Merkwaardige internasionale prestasie waarop ons besonder trots is.



