Groot Sport
Atletiek
Mnr. Tobie Holtzhausen | Direkteur: Atletiek | atletiek@garsies.co.za
Atletiek deelname word gemotiveer deur elke atleet geleentheid te gee om sy of haar maksimum potensiaal te ontwikkel. Ons is as ‘n atletiekklub geaffilieer by Atletiek Gauteng Noord wat ons atlete in staat stel om aan die ASA atletiek kampioenskappe, landloopkampioenskappe enpadwedloopkampioenskappe deel te neem waar hul kan kwalifiseer om Suid Afrika op die wêreldkampioenskappe te verteenwoordig.
Om maksimale deelname geleentheid te bevorder begin die atletiekseisoen met ons Troffel uitdunne vir graad 8’s gevolg deur die Bere interhuis waar daar in 2024, 1024 inskrywings was. Daarna volg nog 2 vriendskaplike byeenkomste waar 4 atlete of meer per item kan deelneem. Vir ons top atlete wat 800 en meer punte op die ASA tabel behaal neem ons aan Curro TUT Top 14, Noordheuwel Top 15 en die landwye Curro Podium finale deel waar ons seuns konstant die afgelope 3 jaar onder die top 10 skole eindig. Ons Skole atletiek seisoen eindig met die NWU Pretoria A-bond interhoër waar ons sedert 1994 ononderbroke(30 jaar) deelneem as een van die die top 8 skole in Pretoria. Ons neem ook aan die NWU Super Interhoër A- afdeling sedert 2010 ononderbroke(14 jaar) deel bestaande uit al die skole streke Noordwes Noord, Limpopo, Gauteng Noord, Sentraal Gauteng, Mpumalanga en Sentraal Noordwes. 23 Atlete neem aan die ASA Gauteng-Noord kampioenskappe deel waarvan 15 (65%) in 2024 gekwalifiseer het vir die AGN atletiekspan na ASA Atletiekkampioenskappe.
Om konstant op die vlak te presteer beskik ons oor ‘n uitnemende span buite afrigters asook verskeie onderwys personeel afrigters wat het sy as atlete self of as nasionale afrigters, Suid Afrika op die Olimpiese Spele en Wêreldkampioenskappe verteenwoordig het. Verskeie van ons omliggende Laerskool voedingskole se atlete oefen reeds by die onderskeie afrigters.









2022 – Prestasies op Nasionale vlak
ASA Jeug- en Junior Atletiekkampioenskap
- Brian Raats (o20) – GOUD in die hoogspring
- Mia Janse van Rensburg (o20) – GOUD in die hoogspring
- Ulrich van Tonder
- Yavé Collins
- Marlene van der Linde
- Dané Boshoff
- Zenique Botes
- Mia Janse van Rensburg
- Chané Kok
- Simoné Lourens
- Brian Raats
- Hanneleen Conradie
- Dimar van der Linde
SA Skole Atletiekkampioenskappe
- Ulrich van Tonder
- Mia Janse van Rensburg
2023 – Prestasies op Nasionale vlak
ASA Jeug- en Junior Atletiekkampioenskap
- Ulrich van Tonder (o16) – SILWER in spiesgooi
- Megan Maree (o16) – BRONS in 90m hekkies
SA Skole Atletiekkampioenskappe
- Megan Maree (o15) – GOUD in 90m hekkies
- Ulrich van Tonder (o15) – SILWER in spiesgooi
- Willie van Wyk (o15) – BRONS in hoogspring
2024 – Prestasies op Nasionale vlak
ASA Jeug- en Junior Atletiekkampioenskap
- Zizwe Khumalo (o18) – BRONS in hoogspring
- Karla Bouwer (o16) – BRONS in 300m hekkies & 4x100m aflos
- Marlené Groenewald (o16) – 800m
- Juandré Schutte (o16) – spiesgooi
- Michael Shanzi (o16) – 200m
- Jaden Stewart (o15) – diskus
- Sumari Wethmar (o18) – spiesgooi
- Arné Robbertse (o20) – 800m
- Megan Maree (o16) – 90m hekkies
- Willie van Wyk – hoogspring
- Righardt Joubert (o18) – verspring
- Xander R. Schoeman (o18) – 100m & 200m
- Kayley van Deventer (o20) – 100m hekkies
- Mia Janse van Rensburg (o20) – hoogspring
SA Skole Atletiekkampioenskappe
- Juandré Schutte (o15) – BRONS in spiesgooi
- Michael Shanzi (o15) – 200m
2025 – Prestasies op Nasionale vlak
ASA Jeug- en Junior Atletiekkampioenskap
- Megan Maree (o18) – SILWER in 100m hekkies & 4x100m aflos
- Willie van Wyk (o18) – BRONS in hoogspring
- Jenevieve Oosthuysen (o16) – spiesgooi
- Allené Theunissen (o16) – spiesgooi
- Juan-Ray de Villiers (o16) – 400m & 4x100m aflos
- Lisa du Plessis (o18) – hoogspring
- Lohan de Lange (o18) – spiesgooi
- Sumari Wethmar (o18) – spiesgooi
- Christiaan Franken (o18) – 800m
- Elri Dirkse van Schalkwyk (o18) – 1500m & 3000m
- Zanrich Botha (o18) – 110m hekkies
- Zizwe Khumalo (o18) – hoogspring
- Xander R. Schoeman (o18) – 100m
SA Skole Atletiekkampioenskappe
- Lohan de Lange (o17) – BRONS in spiesgooi
- Megan Maree (o17) – SILWER in 100m hekkies & aflos
- Willie van Wyk (o17) – BRONS in hoogspring
2026 – Prestasies op Nasionale vlak
ASA Jeug- en Junior Atletiekkampioenskap
- Megan Maree (o18) – SILWER in kort hekkies (13.07s)
- Megan Maree (o18) – SILWER in aflos (46.46)
- Allené Theunissen (o18) – SILWER in spiesgooi (53.33m)
- Lohan de Lange (o18) – SILWER in spiesgooi (69.05m)
- Christiaan Franken (oud Garsies) – SILWER in 800m (1:48.78)
- Zizwe Khumalo (oud Garsie) – SILWER in hoogspring (2.05m)
- Lisa du Plessis (o20) – hoogspring
- Elri Dirkse van Schalkwyk (o20) – 1500m & 3000m
- Niela Gerson (o20) – spiesgooi
- Dian Blignaut (o16) – kort hekkies
- Heinrich Weiss (o16) – spiesgooi
- JP Botha (o20) – hamergooi
- Mieke Loock (o16) – gewigstoot
- Juandré Schutte (o18) – spiesgooi
- Jenevieve Oosthuysen (o18) – spiesgooi
- Kaylin Mayers (o16) – 400m
- Ewan Coetzer (o16) – 1500m
- Janru Pretorius (o18) – 110m hekkies
- Dimar van der Linde (oud Garsie) – kort hekkies
Prestasies op Internasionale vlak
Brian Raats (2022)
- Verteenwoordig Suid-Afrika by die Afrika Senior Atletiekkampioenskap
Mia Janse van Rensburg (2022)
- Verteenwoordig Suid-Afrika by die Afrika Senior Atletiekkampioenskap
Simoné Kruger (2023)
- Deelname aan die Wêreld Paralimpiese Atletiekkampioenskap (vroue diskusgooi F38)
- Wêreldkampioen met ’n nuwe wêreldrekord van 38.10m
Armandt van der Walt (2023)
- Deelname aan Afrika Junior Atletiekkampioenskappe
- SILWER medaljewenner in die 200m (mans o/20)
- SA Junior kampioen (200m) en SA Senior kampioen (200m)
Garsies neem jaarliks deel aan die volgende byeenkomste:
- Pretoria Interhoër (A-bond)
- Super Interhoër (A-bond)
- Curro Podium Kampioenskap (Nasionaal)
- Hoërskool Garsfontein (Abrie van Staden)
- Helpmekaar Kollege (Goue-liga)
- Alle provinsiale en nasionale byeenkomste
Hokkie Dogters
Me. C de Wet | Direkteur: Dogtershokkie | dogtershokkie@garsies.co.za
Ons filosofie is om dogters die geleentheid te bied om hulle volle potensiaal te bereik deur aan die beste ligas, kompetisies en toernooie in die land deel te neem deur middel van topgehalte afrigting, fasiliteite en lewensvaardigheidontwikkeling.
Prestasies
Prestasies
- 2025 Pretoria Liga wenners: 1ste span & 16A’s
- SA Top Schools: 16A’s eindig 4de in 2025
- Lewer 11 SA skolespelers tussen 2017 en 2025
- Lewer 16 provinsiale spelers en 2 SA skolespelers in 2025
- 3 Provinsiale afrigters en 1 SA skole afrigter
- Noordvaal wenners in 2012, 2013, 2018 (algehele wenners) en plaat wenners in 2025 met die 15A’s
Deelname
- Pretoria G1 liga
- St Mary’s 1st Team Festival
- NWU Eagles Festival
- St Mary’s Kloof u/16 Tournament
- St Andrew’s u/16 Festival
- St John’s u/14 Festival
- Eunice Derby
- Noordvaal
- SA Top Schools
Ons program sluit in: hokkie-akademie, video- en prestasie-ontleding, kondisioneringspesialiste, doelwagter afrigting, spesialisvaardigheidsafrigting asook ons “GarsieCubs” laerskole akademie.
Vir meer inligting rondom die “GarsieCubs” laerskole akademie, volg die skakel:





Hokkie Seuns
Mr. S. Paulo | Direkteur: Seunshokkie | seunshokkie@garsies.co.za
Ons filosofie is om ’n goeie kultuur, wat op dissipline, respek, samewerking en ondersteuning fokus, by ons seuns te vestig. Ons motiveer hulle om te streef na die hoogste en om vir hulle die geleenthede en ondersteuning te bied om dit te bereik. Ons bereik sinergie deur ons afrigters en oefenprogramme te belyn. Met topgehalte afrigting en –fasiliteite en ons missie om lewensvaardighede onder ons spelers te ontwikkel, bied ons ‘n onoortreflike hokkieprogram.
Prestasies
- Pretoriabeker wenners vir 3 jaar in ‘n ry
- 16 Provinsiale Spelers in 2025.
- Van al die Afrikaanse skole in Noord-Gauteng het Garsies die grootste verteenwoordiging in provinsiale spanne
- 3 SA Skole Spelers in 2025
- 1 SA Skole Binnehuise Spelers in 2025
Ranglys 2025
- Algeheel 24de op die SA-Skoleranglys
- 2 Provinsiale hoofafrigters: Rihann van der Merwe en Steven Paulo
- 3 Vorige SA-spelers as deel van die afrigitngspan: Sihle Ngcongo, Steven Paulo en Dario Lourenco.
Toernooie en Kompetisies
- Voorseisoen opwarm wedstryd teen Grey College Bloem.
- Coastals Cup in Kwazulu-Natal
- Speel teen skole soos Clifton, Micheal House, Westville, Glenwoon en Parel Fallei.
- Hibbert Shield in Port Elizabeth.
- Spool teen skole soos SACS, Paul Roos, Paarl Gimnasium, DHS,Bishops, Pearson, Grey High PE, Maritzburg College en Selbourne.
- Roku School’s Indoor Challenge
Ons program sluit ‘n hokkie-akademie, voltydse video- en prestasieontleder, kondisioneringspesialiste, doelwagter-georiënteerde afrigting, “drag-flick” en spesialisvaardigheidsafrigting in, asook ons “GarsieCubs” laerskole akademie. Vir meer inligting rondom die “GarsieCubs” laerskole akademie, volg die skakel:





Krieket
Mnr. E. Dorey | Direkteur: Krieket | krieket@garsies.co.za
SA-spelers
- Simoné Lourens: SA o/19 Vroue Wêreldbeker.
- Janicke Jansen van Rensburg: SA o/19 T20 vrouespan.
Oud-spelers
- Beyers Swanepoel – SA A, Warriors Cricket, Sunrisers Eastern Cape SA T20.
Provinsiale spelers
- Dumisani Motswhene en Mohammad Aslam – Titans o/19
- Nayleo Sanna, Ettienne du Toit – Titans o/17
- Xander Venter, Logan Weetman, Ekchard Struwig – Titans o/16
- Simoné Lourens en Janicke Jansen van Rensburg – Titans o/19
- Simoné Lourens – Titans Senior vrouespan









Titans A-bond liga
2023 1ste span – Naaswenners
Noordvaal
- 1ste span – Naaswenners 2022 en semi-finaliste 2023
- o/15A span – Wenners 2022 en 2023
IXU Liga
2de span – Naaswenners 2022 en wenners 2023
LIGAS EN TOERNOOIE
- Titans A-bond en Noordvaal
IXU-Liga
- Titans Bash
Toere en feestoernooie
- Engeland
- Sri-Lanka
- Indië
- Paarl Boys Krieketfees
- Merensky Krieketweek
- Ben Vorster Krieketweek
- Potchefstroom toer
- PUK Krieketweek
- Spanbou Penryn Cricket Festival.
Plaatfinaal wenners (TH-liga)
- 1C Garsie Ysbere
| Kategorie | Gebeurtenis / Titel | Detail | Uitslag / Prestasie | Jaar |
| 1ste Span Ysbere | Kaaptoer | Onoorwonne | Wen Paarl Boys High, Paarl Gimnasium, Westville, Stellenberg, Somerset College | 2025–2026 |
| 1ste Span Ysbere | SA Schools T20 | Fase 3 Nasionale Kampioenskappe | Eindig 3de in Suid-Afrika | 2025 |
| Noord-Vaal 1ste Span | Kwart-finaal | vs Waterkloof | Wen met 4 paaltjies | 2025 |
| Noord-Vaal 1ste Span | Semi-finaal | vs Potch Gimnasium | Wen met 5 paaltjies | 2025 |
| Noord-Vaal 1ste Span | Finaal | vs Dr Malan | Wen met 9 paaltjies | 2025 |
| Wilderklaver T20 | Finaal | vs Boland Landbou | Wen met 6 paaltjies | 2025 |
| GPL 13 | Garsie Tornados | – | Wen vir die 3de keer agtereenvolgend | 2025 |
| Titans Provinsiaal | O/19 | Reuben van Zyl, Xander Venter, Kay-Lee Carr | Gekies | 2025 |
| Titans Provinsiaal | O/17 | Riaan Boschoff, Righardt Joubert | Gekies | 2025 |
| Titans Provinsiaal | O/16 | Katlego Lebelo, Mieke Reynolds | Gekies | 2025 |
| SA Skole Span | Speler | Reuben van Zyl | Gekies | 2025 |
| Khaya Majola Week | Kolwer van die week | Reuben van Zyl | Toekenning | 2025 |
| Khaya Majola Week | Speler van die week | Reuben van Zyl | Toekenning | 2025 |
| KSA Cubs Week | Wenners | Xander Venter, Reuben van Zyl | Algehele wenners | 2025 |
| KSA Cubs Week | Bouler van die week | Xander Venter | Toekenning | 2025 |
| KSA Cubs Week | Mees veelsydigste speler | Xander Venter | Toekenning | 2025 |
| KSA Cubs Week | Speler van die week | Xander Venter | Toekenning | 2025 |
Netbal
Me. C. Strauss | Direkteur: Netbal | netbal@garsies.co.za
Netbal bied kwaliteit afrigting, motivering en deelname. By Garsie-netbal is elke individu vir ons belangrik.
18 SPANNE; EEN HARTKLOP
Ons speel jaarliks met 18 spanne in die kompeterende Jubilee-liga waaraan van die topnetbalskole in Pretoria deelneem. Ons lewer jaarliks Gauteng-spelers op wat op nasionale vlak deelneem.
Ons spog ook met Anrike Combrink en Mariné Lourens wat in 2022 gekies is vir die SA-oefengroepe vir o/18 en o/17 onderskeidelik.
Ons spog met ‘n ervare en bekwame afrigtingspan met ervaring op provinsiale en nasionale vlak.
Prestasies
Gauteng kampioene in 2022, asook naaswenners by die SA-Kampioenskap;
Ons spog met ‘n ervare en bekwame afrigtingspan met provinsiale en nasionale ervaring:
- Carin Strauss: SA-Protea en SA o/21 afrigter
- Lené Myburgh: Tshwane o/19 afrigter en tans ‘n NSA ‘A’-skeidsregter
- Ohna Louw: SA-Skolespeler
- Annelize Smith: SA-Skole o/17- en o/18-afrigter
- Susan Forssman: Provinsiale afrigter
- Theresa Pretorius: Provinsiale afrigter
- Marishea van
- Niekerk: Gauteng Skole-speler
- Danielle Coetzer: Gauteng Skole-speler
Eerste span eindig in 2017, 2021 en 2022 in die Top 5 skole in Suid-Afrika
Eerste span neem jaarliks deel aan die gesogte Wildeklawer netbaltoernooi waaraan die top 20 netbalskole in Suid-Afrika deelneem.
Voordat die Noordvaalkompetisie in 2010 gestaak is, het Garsies verskeie jare die kompetisie gewen:
- 1994 – o/15 A
- 1994 – o/16 A
- 1998 – o/15 A













Rugby
Mnr. S. Booysen | Direkteur: Rugby | rugby@garsies.co.za | Mnr. G. Theunissen | Hoof: Beurse en fondswerwing | gustav@garsies.co.za
Die Bere speel elke jaar teen toprugbyskole soos Paarl Boys’ High, Grey Bloem, Affies, Monument, Outeniqua en Oakdale. Deelname is prioriteit. Rugbyklinieke en -toernooie word gereeld bygewoon en as gevolg van die strawwe kompetisie, vorm die Bere gereeld die ruggraat van die Bulle-skolespanne. Die Bere speel in toptoernooie soos Noord-Suid, Kwaggaweek en Wildeklawer.
Die Bere is in die bevoorregte posisie dat hul oor topspelers en -afrigters beskik. Afrigters wat tans deel is van die Bere se afrigtingspan is: Morné Steyn, Jaco Kriel, Johan du Plessis en Andries Coetzee. Daar is ook twee Bere-afrigters wat tans deel is van die Bulle-skolespanne, Sylvester Booysen (o/18) en Jaco van Zyl (o/16). Ons kondisionering word vanuit ons puik toegeruste Hoë Prestasie Sentrum bestuur deur Armand Olivier en Lezanne Vermaak.
Ons glo dat elke seun wat by die Bere speel die beste moontlike afrigting en geleenthede moet kry. Daar is tans vier spanne per ouderdom en ons getalle groei jaarliks. Elke span het genoeg wedstryde en afrigters om elke seun se droom te bewaarheid. Die eerste tot derde span en A- en B-spanne toer in 2024. Garsies fokus nie net op die A-span seuns nie, maar die hele skool se seuns wat speel.


Prestasies
- 2014 – Naaswenners van Beeld-trofee
- 2015 – Wenners van Beeld-trofee
- 2016 – Wenners van Virsekerbeker
- 2023 – Wenners van SDC Cup
Springbok: Embrose Papier
Blitzbok: Shaun Williams
Provinsiale spelers: Meer as 70 spelers is die afgelope vyf jaar vir provinsiale spanne gekies.
Cravenweek Spelers 2023
Akademiese Spelers 2023
SA 7’s Spelers 2023
Ranglys
2022 – 1ste span is vyfde op SA-Skolerugby ranglys
2023 – 1ste span is tweede op die SA-Skolerugby ranglys en vyfde op die wêreldranglys.



