Ons glo dat elke seun wat by die Bere speel die beste moontlike afrigting en geleenthede moet kry. Daar is tans vier spanne per ouderdom en ons getalle groei jaarliks. Elke span het genoeg wedstryde en afrigters om elke seun se droom te bewaarheid. Die eerste tot derde span en A- en B-spanne toer jaarliks. Garsies fokus nie net op die A-span seuns nie, maar die hele skool se seuns wat speel.

Die Bere speel elke jaar teen toprugbyskole soos Paarl Boys’ High, Grey Bloem, Affies, Monument, Outeniqua en Oakdale. Deelname is prioriteit. Rugbyklinieke en -toernooie word gereeld bygewoon en as gevolg van die strawwe kompetisie, vorm die Bere gereeld die ruggraat van die Bulle-skolespanne. Die Bere speel in toptoernooie soos Noord-Suid, Kwaggaweek en Wildeklawer.

  • Die skool het tans 17 rugbyspanne.
  • Garsfontein is die afgelope 2 jaar die algehele rugbykampioene van die Noordvaal Makro Skole.
  • Meeste SA Skolespelers in een jaar gelewer: 6
  • Garsfontein word die afgelope 10 jaar onder die Top 10 rugbyskole in SA gereken.

Die Bere is in die bevoorregte posisie dat hul oor topspelers en -afrigters beskik. Afrigters wat tans deel is van die Bere se afrigtingspan is: Morné Steyn, Jaco Kriel, Johan du Plessis en Andries Coetzee. Daar is ook twee Bere-afrigters wat tans deel is van die Bulle-skolespanne, Sylvester Booysen (o/18) en Jaco van Zyl (o/16). Ons kondisionering word vanuit ons puik toegeruste Hoë Prestasie Sentrum bestuur deur Armand Olivier en Lezanne Vermaak.

Beurse en Fondswerwing: Kontak vir Gustav Theunissen  by gustav@garsies.co.za

Rugbyweke: Kwaggaweek, Jean de Villiers en Wildeklawer

Rugby konsultante by Bererugby: Marinus van der Watt, Marcell Coetzee, Jacques van Rooyen

Prestasies

KategorieGebeurtenis / TitelDetailUitslag / PrestasieJaar
Rugby PrestasiesBeeld-trofeeNaaswenners2014
Rugby PrestasiesBeeld-trofeeWenners2015
Rugby PrestasiesVirsekerbekerWenners2016
Rugby PrestasiesSDC CupWenners2023
SpringbokkeSpringbok-spelerEmbrose PapierVerteenwoordig Suid-Afrika
BlitzbokkeBlitzbok-spelerShaun WilliamsVerteenwoordig Suid-Afrika
Provinsiale spelersProvinsiale keusesMeer as 70 spelersGekies vir provinsiale spanneAfgelope 5 jaar
CravenweekCravenweek SpelersVerteenwoordiging2023
Akademiese RugbyAkademiese SpelersVerteenwoordiging2023
SA 7’sSA 7’s SpelersVerteenwoordiging2023
Makro Skole LigaMakro Skole LigaNaaswenners2022
SDC Noordvaal CupSDC Noordvaal CupWenners2023
SDC Noordvaal CupSDC Noordvaal CupWenners2024
SDC Noordvaal CupSDC Noordvaal CupWenners2025

Scroll to Top