KATEGORIE:
BEWOORDING:
Skoolgeld
In ooreenstemming met ’n besluit wat jaarliks tydens die Algemene Jaarvergadering tesame met ouers geneem word, beloop die skoolgeld vir 2026, R52 130.00 per leerder.
Ouers wat die volle skoolgeld voor of op 28 Februarie 2026 vereffen, kom in aanmerking vir ’n korting van R1 500.00 per leerder.
Skoolgeld sluit nie akademiese, sport- en kultuurtoere, soos van tyd tot tyd aan ouers voorgelê, in nie. Betaling van hierdie geleenthede kan onder e-Betalings gemaak word.
Betaling van skoolgelde:
- ’n Aanvangspaaiement van R2 000.00, betaalbaar voor of op 30 November van die voorafgaande jaar, ten einde registrasie vir die daaropvolgende akademiese jaar te bevestig.
- Nege (9) gelyke paaiemente van R5 570.00, betaalbaar maandeliks vanaf 07 Februarie tot en met 07 Oktober 2026.
Debietorderbetalings kan op versoek gereël word. ’n Debietordervorm sal op aanvraag aan ouers verskaf word.
Vakspesifieke fondse
Indien dit op die leerder van toepassing is, is die onderstaande eenmalige vakspesifieke fondse addisioneel voor / op 28 Februarie 2026 betaalbaar:
- Gasvryheidstudies graad 10 – 12: R990.00 per leeder
- IT / RTT graad 10 – 12: R1 930.00 per leerder
Koshuis
In ooreenstemming met ’n besluit wat jaarliks tydens die Algemene Jaarvergadering tesame met ouers geneem word, beloop die Koshuisgeld vir 2026, R63 000.00 per leerder.
Betaling van koshuisgelde:
- ’n Aanvangspaaiement van R2 000.00, betaalbaar voor of op 30 November van die voorafgaande jaar, ten einde verblyfregistrasie in die Koshuis vir die daaropvolgende jaar te bevestig.
- Tien (10) gelyke paaiemente van R6 100.00, betaalbaar maandeliks vanaf 07 Februarie tot en met 07 November 2026.
Debietorderbetalings kan op versoek gereël word. ’n Debietordervorm sal op aanvraag aan ouers verskaf word.
Busvervoer
Ons bied tans betroubare en veilige busvervoer aan vir leerders op verskeie roetes. Die volgende busvervoerroetes kan huidiglik geakkommodeer word, onderhewig aan beskikbaarheid:
- Wapadrand
- Tygerpoort
- Star Trading
- Rayton
- Jan Ellis
- Bronkhorstspruit
- Montana
- Centurion
Skoolgeldvrystelling
Regulasies bepaal dat ouers/voogde op grond van werklike behoeftigheid aansoek om vrystelling, of gedeeltelike vrystelling, van betaling van skoolgeld, kan doen.
Kontak asseblief die Finansieskantoor vanaf 20 Januarie 2026 vir inligting rakende die prosedure wat gevolg moet word, indien u aansoek om vrystelling wil doen.
Die onus berus by ouers/voogde om die aansoekvorm persoonlik by die skool af te haal. Voltooide aansoekvorms, saam met alle stawende dokumente, moet voor of op 28 Februarie 2026 by die skool finansieskantoor ingehandig word.
Aansoeke wat na hierdie datum ingedien word sal slegs vir pro rata vrystelling bereken word.
