Atletiek by Affies – ‘n dag vol trots

Ons atlete het uitstekend gevaar tydens die atletiekbyeenkoms by Affies. Garsies het beslis hul merk gemaak! Met sterk kompetisie regoor al die items het ons leerders hulself bewys en pragtige prestasies gelewer.

  • 🥇 17 Goue medaljes
  • 🥈 20 Silwer medaljes
  • 🥉 14 Brons medaljes

Die volgende atlete breek rekords:

  • 0/14: Annebelle van der Mecht (Spiesgooi)
  • 0/16: Allene Theunissen (Spiesgooi)
  • 0/17: Niela Gerson (Spiesgooi)

Verskeie eersteplekke en podiumplasings getuig van harde werk, deursettingsvermoë en ware Garsie-gees. Hierdie uitslae wys die diepte van talent wat ons het, en ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het.

Baie dankie aan ons atlete en afrigters – ons sien uit na wat nog voorlê! 💙🐻

Inkopiemandjie
Scroll to Top