Valentynsbal

Wat ’n aand om te onthou! Ons Garsies het behoorlik uitgehaal vir vanjaar se Valentynsbal, waar styl, glimlagte en lekker kuier die dansvloer gevul het. ✨

Van pragtige uitrustings tot onvergeetlike oomblikke saam vriende, was die aand ’n ware viering van gees en samehorigheid.

Baie dankie aan elke leerder en organiseerder wat hierdie spesiale geleentheid moontlik gemaak het. Julle het die aand laat skitter!

Inkopiemandjie
Scroll to Top