Baie geluk aan Carla Malan (Graad 10) wat op 21–22 Maart 2026 aan die tweede SANESA Qualifier deelgeneem het saam met Die aftel na ons Affies-derby het amptelik tot ’n einde gekom, en Garsies het hierdie week gewys wat ware skoolgees beteken!
Maandag het ons teruggegaan in tyd, met elke graad wat hul eie dekade gewys het – van die 60’s tot die 2000’s, alles met kreatiewe versierings oor skoolklere.
Dinsdag was dit tyd om soos jou gunsteling-onderwyser aan te trek, terwyl die onderwysers self ook hul skoolklere met trots gedra het.
Woensdag het ons almal weer herinner wat dit beteken om ’n Garsie te wees – trots in ons skoolklere, met geesvang by Berepark.
Donderdag het almal kreatief geraak met “anything but school shoes” – en ja, daar was interessante keuses.
Vrydag het die week afgesluit met kleur en gees, met gesigverf voor skool en tydens pouse.
Ons is gereed vir die groot sportnaweek!






































