Waterkloof Derby – Hokkie
Wat ’n ongelooflike derbynaweek tussen twee trotse Pretoria-skole.
Dit was ’n naweek waar sport gevier is, goeie gees oral sigbaar was en spelers, ondersteuners en ouers saam besondere wedstryde kon beleef.
Ons deel graag die volgende hokkiehoogtepunte:
SEUNSHOKKIE:
- 3 spanne wen, 2 spanne speel gelykop en 2 spanne verloor.
- Die Eerstespan se indrukwekkende 2–1 oorwinning.
- ’n Puik oorwinning van 5–1 deur die Derdespan.
- Sterk oorwinning deur die o/16C-span (3–0).
DOGTERSHOKKIEHOKKIE:
- o/14B-span wen 1–0.
- Tweedespan wen 1–0.
- Daar was ook ’n gelykop uitslag in ’n spannende wedstryd: O/14A (0–0) en Derdespan (1–1).
- Eerstespan se wedstryd vind plaas op 19 Mei om 16:45.
Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met die trots waarmee julle Garsies verteenwoordig het.
𝐇𝐨𝐮 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐥𝐚𝐝 𝐝𝐨𝐩 𝐯𝐢𝐫 𝐧𝐨𝐠 𝐮𝐢𝐭𝐬𝐥𝐚𝐞 𝐰𝐚𝐭 𝐛𝐢𝐧𝐧𝐞𝐤𝐨𝐫𝐭 𝐯𝐨𝐥𝐠.
























