Garsies blink uit by die Gauteng Robotics Challenge 2026!![]()
Hoërskool Garsfontein was trots om vanjaar die Gauteng Robotics Challenge 2026 op Saterdag, 20 Junie, aan te bied. Met 54 skole wat aan die kompetisie deelgeneem het, het ons Garsie-robotikaspanne uitstekend presteer.
Garsies is as die algehele wenners van die Hoërskool-afdeling aangewys en neem die trofee vir die eerste plek huis toe!
Nog meer indrukwekkend is die feit dat albei ons spanne onder die Top 10 uit 54 deelnemende skole geëindig het, wat die omvang van hierdie prestasie verder beklemtoon.
Baie geluk aan elke leerder, afrigter en ondersteuner wat deel was van hierdie besondere prestasie. Julle harde werk, kreatiwiteit en deursettingsvermoë maak ons ongelooflik trots.













