Garsie blink op die wêreldverhoog!

Ons is ongelooflik trots op Kaylie Barlow, wat die voorreg gehad het om Suid-Afrika by die Dance World Cup Finals in Dublin, Ierland, te verteenwoordig.

Kaylie het ongelooflike individuele prestasies behaal:

🥇 3 goue medaljes – 3x Wêreldkampioen

🥈 3 silwer medaljes – 3x Vise-wêreldkampioen

🥉 1 bronsmedalje

🏅 2 vyfde plekke

Baie geluk, Kaylie! Jou harde werk en uitnemendheid maak die hele Garsie-gemeenskap trots. Ons vier saam met jou hierdie besondere wêreldprestasie!

Scroll to Top