Met trots vier ons twee van ons leerders se uitsonderlike akademiese prestasies op internasionale vlak.
𝐍𝐢𝐜𝐨𝐥𝐞𝐭𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐓𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫 het aan die IMBEWU Expo deelgeneem met haar projek oor veiligheid rondom radio-aktiwiteit. Sy behaal:
2de plek in haar kategorie.
Goud by Gauteng-Noord én Nasionale kompetisies.
As erkenning vir haar uitmuntende werk is sy uitgenooi om Suid-Afrika te verteenwoordig by die MAGMA Expo in Spanje, wat van 4–6 Maart plaasvind. ![]()
𝐌𝐢𝐞𝐤𝐞 𝐊𝐥𝐨𝐩𝐩𝐞𝐫 het ook aan die IMBEWU Expo deelgeneem met haar projek oor meer effektiewe ontwerp van bulkstrukture. Haar prestasies sluit in:
2de plek in haar kategorie.
Goud by Gauteng-Noord én Nasionale kompetisies.
Sy is verder uitgenooi om Suid-Afrika te verteenwoordig by die IFEST Expo in Tunisië, wat van 23–29 Maart aangebied word .![]()
Ons is ongelooflik trots op Nicolette en Mieke – julle harde werk, toewyding en akademiese uitnemendheid plaas ons skool én Suid-Afrika op die wêreldverhoog! ![]()

