Hierdie week was soveel meer as net tema-dae en prettige aktiwiteite — dit was ’n viering van identiteit, selfrespek en die keuse om elke dag met karakter en waardigheid op te daag.
- Maandag: “Blom waar jy geplant is” — Damesoggend in die saal, met blomkranse, blomme en kreatiewe kopstukke.
- Dinsdag: Innerlike skoonheid — Glitter-gesigverf en ’n komplimente-briefies-stalletjie waar leerders mekaar opgebou het.
- Woensdag: Pienkdag — Pienk bykomstighede saam met skooldrag, asook ’n Damesaand en mini-mark met kos, stalletjies, ’n spreker en baie lekker kuier.
- Donderdag: #Stylispragtig — Semi-formele drag.
- Vrydag: Integriteit — Vroeë skoolsluiting en ’n afsluiting van die week met die boodskap om in jou waarheid te stap.
#HyIs’nGentleman:
- Maandag: Ambisie — Manne-oggend op die berepark, met kruisbanne en strikdasse.
- Dinsdag: Broederskap — “War stripes”, skoene skoongemaak en geleer hoe om ’n das te vou.
- Woensdag: Volharding — Blou gesigverf, dassies en sokkies om die tema uit te beeld.
- Donderdag: #HyIs’nGentleman — Semi-formele drag en ’n manne-aand om 18:00.
- Vrydag: Stap in die waarheid — Vroeë skoolsluiting en ’n herinnering om reg te leef, selfs wanneer niemand kyk nie.
Van blomkranse tot blink skoene — hierdie week het gewys dat ware styl nie net gesien word nie, maar geleef word.
: Carlie Hollenbach















































