Gisteraand het ons GR ‘n nuwe tradisie afgeskop.
In die gees van Affies-derbyweek is al ons grootsporte se eerstespanne as eregaste bederf met ’n aand van lekker kos, inspirasie en spanbou.
Met ’n gasspreker wat die toon aangegee het en kapteine wat hul spanne toegespreek het, is die standaard vir wat kom behoorlik gestel.
Hierdie is net die begin!





























