Garsie-skuts tref die kol by die SAARA Gauteng Ope.
Skuts van die Garsie-skyfskietspan het op 10 en 11 April 2026 weer gewys van watter staal hulle gemaak is tydens die SAARA Gauteng Ope. Die kompetisie het by die Florida-skietbaan, Hoërskool Florida, plaasgevind.
Met ’n kombinasie van dissipline en tegniese vaardigheid het die span verskeie podiumplekke behaal en altesaam nege medaljes verower. Ons nuwe Graad 8-skuts het besonder goed gevaar en vier van hierdie medaljes ingepalm.
𝐎𝐧𝐝𝐞𝐫 21
- Maryke Crous – Brons – 10 m dames
- Nico Gerber – Silwer – 10 m mans
𝐎𝐧𝐝𝐞𝐫 16
- Anisa du Toit – Goud – 10 m dames
- Anisa du Toit – Goud – 3P algemeen
- Jayden van Dyk – Silwer – 10 m mans
𝐎𝐧𝐝𝐞𝐫 14
- Janu du Toit – Brons – 10 m mans
- Klara-Belle van der Merwe – Silwer – 10 m dames
- Klara-Belle van der Merwe – Brons – 3P algemeen
- Liane Liebenberg – Brons – 10 m dames
Baie geluk!



