Waterkloof Derby – Hokkie

Waterkloof Derby – Hokkie

Wat ’n ongelooflike derbynaweek tussen twee trotse Pretoria-skole.

Dit was ’n naweek waar sport gevier is, goeie gees oral sigbaar was en spelers, ondersteuners en ouers saam besondere wedstryde kon beleef.

Ons deel graag die volgende hokkiehoogtepunte:

SEUNSHOKKIE:

  • 3 spanne wen, 2 spanne speel gelykop en 2 spanne verloor.
  • Die Eerstespan se indrukwekkende 2–1 oorwinning.
  • ’n Puik oorwinning van 5–1 deur die Derdespan.
  • Sterk oorwinning deur die o/16C-span (3–0).

DOGTERSHOKKIEHOKKIE:

  • o/14B-span wen 1–0.
  • Tweedespan wen 1–0.
  • Daar was ook ’n gelykop uitslag in ’n spannende wedstryd: O/14A (0–0) en Derdespan (1–1).
  • Eerstespan se wedstryd vind plaas op 19 Mei om 16:45.

Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met die trots waarmee julle Garsies verteenwoordig het.

𝐇𝐨𝐮 𝐨𝐧𝐬 𝐛𝐥𝐚𝐝 𝐝𝐨𝐩 𝐯𝐢𝐫 𝐧𝐨𝐠 𝐮𝐢𝐭𝐬𝐥𝐚𝐞 𝐰𝐚𝐭 𝐛𝐢𝐧𝐧𝐞𝐤𝐨𝐫𝐭 𝐯𝐨𝐥𝐠.

Scroll to Top