Die 1ste span Garsie Ysbere wen die Ysbere Old Boys met 5 paaltjies.
Die Oud Garsies het die loot gewen en besluit om 1ste te kolf. Hulle het n baie sterk kolf orde gehad met spelers soos SA skole speler Reuben van Zyl, Cubs speler van die week Xander Venter, Christiaan Oberholzer, Darius Schutte, Ruan Joubert en nog veld meer.
Ruan Coetsee en Nathan Ferreira het vroeg aan die Old Boys se kolf orde begin krap toe Nathan van Reuben v Zyl onslae geraak het. Nathan het ook die gevreesde Christiaan Oberholzer uit gekry met goeie vaart. Ruhan Joubert het soos in die ou dae ń paar skitter houe gespeel en ń vinnige 40 lopies aangeteken voordat Katlego Lebelo van hom ook onslae geraak het. Charl v Staden was die doring in die vlees vir die Old boys span met sy uitstekende 78 lopies van slegs 48 balle.
Telkaart: Old Boys 209/12
- 1A Ysbere 210/5.
- Uitstaande prestasies:
- Ruhan Joubert – 40(27)
- Ralff Schmidt- 36(40)
- Nathan Ferreira- 4/16/2
- Charl v Staden- 78(48)
- Arrie Verster- 56(36)


